Een van haar helderste kleintyd-herinnerings was hoe hulle met haar ma se groen Ranchero gaan eiers aflewer het, vertel me. Anphia van der Walt van die plaas Hamelfontein in die distrik Trompsburg.
“Dan ry ons op die grondpaaie met die Ranchero vol gelaai met hout-eierkratte wat elk 30 dosyn eiers bevat het. En, nee. Die eiers het nie gebreek van die geskud nie – ’n eier is baie sterker as wat jy dink.”
Haar ma, me. Marietjie Alexander, se eierboerdery het hul drie susters se skool- en koshuisgeld betaal. As haar pa, Derek, se skaapboerdery swaar getrek het, het die hoenders hulle weer deur die moeilike tyd gehelp en omgekeerd.