Die voordeel is dat diere veilig en gemaklik is, wat hul produktiwiteit verbeter. Die matte is sagter as hout of beton en dus gemakliker vir diere se gewrigte en spiere. Die sagter matte sal ook keer dat diere hulle teen harde oppervlakke sny of skraap.
Verder bied die matte isolasie teen koue vloere, wat nadelig kan wees vir die diere. Die matte word van sintetiese stireen-butadieenrubber en poli-uretaankleefmiddel vervaardig. Elke mat is 1 015 mm x 1 015 mm groot.
Die matte word vervaardig van herwonne voertuigbande. Buiten die veebedryf kan die matte ook gebruik word om walle te stabiliseer. Die maatskappy bied ook ander rubber-opsies wat onder meer gebruik kan word in speelareas, die gimnasium of ander plekke waar ’n sagter oppervlak benodig word.