Klits berekende uitbreiding, goeie genetiese materiaal en ’n klomp rekenkundiges saam en jy kry ’n onfeilbare eindproduk. Die Germar-Bonsmarakudde is pas bekroon as Suid-Afrika se top-vleisbeesstoetkudde.
Vir mnr. Gert Nel en sy seun, Gerhard, span die toekenning as vleisbeesstoetkudde van die jaar deur SA Stamboek en Vleissentraal die kroon op jare se bestuursvernuf.
Van ’n klein boerdery wat in 1995 met 25 koeie begin is, het Germar tot ’n kudde van 1 200 stoetdiere gegroei. Die Nels is albei rekenmeesters.