Die Frontier Bonsmaragroep se missie is om goeie gehalte en geharde bulle aan kommer- siële- en stoetboere te lewer wat op die veld gedy. Die bewyse van die gehalte wat hulle lewer, is kopers wat jaar ná jaar terugkeer en ’n verkoopsyfer van 100% op elke veiling die afgelope 14 jaar.
Die groep se lede het oor die jare verander, en dit bestaan tans uit die volgende vyf stoettelers: mnre. Craig Handley (GL Handley en Seuns-stoetery, Bathurst), Justin Stirk (Goodwood-Bonsmaras, Port Alfred), Andrew van Kerken (Van Kerken-Bons- maras, Grahamstad), Brent McNamara (Winter Castles-Bonsmaras, Alexandria) en Gerrit Meyer (Meyer-Bonsmaras, Paterson), wat vanjaar sy eerste bulle saam met die groep verkoop.
Die groep telers bestuur gemengde boerderye en ondernemings, wat strek van pyn- appels tot makadamia, sigorei, sitrus, melk, kleinvee en soetrissies, maar hulle het een ding gemeen — hul voorliefde vir Bonsmaras. Frontier-Bonsmaras is in 2006 gestig met die doel om geharde Bonsmarabulle, wat blootgestel word aan ’n verskeidenheid bosluisoorgedraagde siektes, op een sentrale punt op Makhanda (voorheen Grahamstad) te verkoop. Dit besit van die oudste Bonsmara-teelmateriaal in Suid-Afrika.