Met ’n paar lesse kan volgende moontlike droogtes anders benader word, maar daar is ook dié wat die berg in wil vlug …
Dit was nie net die lang tyd wat die droogte aangehou het, wat boere soos mnr. Kosie Hanekom laat skrik het nie. Dit was ook die “absolute niks wat later in die veld was” en die hoeveelheid diere wat verlede winter vanweë blootstelling dood is, sê die boer van Shaw se Vlei by Pofadder in die Noord-Kaap.
Hy het maar ’n derde van sy kudde oor. Omdat hy reeds min diere gehad het, het hy nie vee verminder in die droogte nie, maar hy moes ’n hamermeul en menger koop om voer te verwerk.