AFGRI
BEAN
10 Aug
-
9003
0,00
CORN
10 Aug
-
3985
0,00
SOYA
10 Aug
-
8727
0,00
SUNS
10 Aug
-
10323
0,00
WEAT
10 Aug
-
7058
0,00
WMAZ
10 Aug
-
4178
0,00
YMAZ
10 Aug
-
4167
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Jun
-
164,91
0,00
Ave Wool - RWS
10 Jun
-
180,07
0,00
Beeste A2/3
29 Jul
-
60,38
0,45
Beeste AB2/3
29 Jul
-
58,48
0,27
Beeste B2/3
29 Jul
-
54,96
0,03
Beeste C2/3
29 Jul
-
47,7
-0,33
Bevrore Hoender
29 Jul
-
30,92
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
29 Jul
-
73,56
1,33
Bokooie
29 Jul
-
52,68
3,15
Groot (meer as 40 kg)
29 Jul
-
43,74
0,12
Hoender (IQF)
29 Jul
-
29,99
-0,06
Medium (30-40kg)
29 Jul
-
58,6
1,92
Pork Average
29 Jul
-
25,84
0,52
Poultry Average
29 Jul
-
30,84
0,04
Skaap A2/3
29 Jul
-
103,69
3,19
Skaap AB2/3
29 Jul
-
87,73
0,49
Skaap B2/3
29 Jul
-
80,62
-1,33
Skaap C2/3
29 Jul
-
77,93
-0,08
Speenkalf
29 Jul
-
37,01
0,05
Spekvarke
29 Jul
-
27,46
0,21
Stoorlammers
29 Jul
-
48,06
0,15
Varkwors
29 Jul
-
21,63
-0,07
Vars Hoender
29 Jul
-
31,63
0,08
Vleisvarke
29 Jul
-
25,68
0,50

Groot verbasing toe Dormerooi ses lammers kry

akkreditasie
Vyf van die seslinglammers wat Saterdagnag vir ’n Dormerooi op ’n plaas by Hartenbos gebore is, lewe nog. Foto: Pierre Redelinghuys
Vyf van die seslinglammers wat Saterdagnag vir ’n Dormerooi op ’n plaas by Hartenbos gebore is, lewe nog. Foto: Pierre Redelinghuys
'n Dormerooi wat verlede jaar twee keer aan drielinge geboorte geskenk het, het die afgelope naweek haar eienaar verbaas toe sy 'n sesling gehad het.

Dis nie die eerste keer dat ’n ooi ses lammers kry nie, het mnr. Pierre Redelinghuys Sondagoggend gedink toe hy baie verbaas was om te sien dat die ooi ses lammers het.

“Ons het al ooie met ’n vierling gehad, maar dis die eerste een van ons ooie wat ’n sesling gekry het,” sê Redelinghuys, eienaar van die Dormerstoetery Ell-Roy buite Hartenbos.

Hy sê op die foto wat op sosiale media geplaas is, is die ooi baie maer. ’n Mens moet egter onthou dat sy 15 kg tot 20 kg gedra het. “Sy lyk nou beter.”

Hy boer net met Dormers in ’n intensiewe stelsel met “groen weidings en baie kos” op die plaas Outeniquabosch. Hy het egter die ooi vroeër vanjaar voerkraal toe gevat toe dit in Januarie en Februarie so droog was en hy gesien het haar kondisie is nie goed nie.

Hulle volg ’n agtmaandelamstelsel. Aangesien die ooi verlede jaar twee keer drielinge gehad het, het hy gemeen sy gaan vanjaar net een lam kry, sê Redelinghuys.

Een van die lammers was dood toe hy by die kraal aankom. Hy vermoed die ooi het dalk oor die lam gerol. “Die ander lammers gaan goed aan. Ons gee die een wat swakker as die ander vier is, met ’n bottel ekstra melk.”

Redelinghuys voel hom die laaste tyd besonder geseënd. Verlede jaar was hy Stamboek se Kleinveeteler van die Jaar en die ontvanger van ’n Elite-dubbelgoudtoekenning.

Sy navorsing toon dat daar al ’n sesling lammers in Suid-Afrika gebore is, maar hy weet nie of die lammers oorleef het nie. “Oorsee was twee of drie seslinge wat oorleef het. Die kans vir ’n ooi om ’n sesling te kry, is een in ’n miljoen.”

Die ooi, wat vanjaar uitgeskot gaan word, het 18 lammers in haar leeftyd gekry. 

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.


Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.59
-0.0%
Rand - Pond
20.05
-0.1%
Rand - Euro
16.95
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.54
+0.1%
Rand - Jen
0.12
-0.1%
Goud
1,788.89
-0.3%
Silwer
20.39
-0.7%
Palladium
2,209.50
-0.6%
Platinum
929.69
-0.8%
Brent-ruolie
96.31
-0.4%
Top-40
63,771
0.0%
Alle aandele
70,266
0.0%
Hulpbronne 10
65,045
0.0%
Industriële 25
85,829
0.0%
Finansiële 15
15,741
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Opsoek na my Bokkie Kom huis toe
Ek is eerlik haat ñ geliegery is opreg what you see is what you get plus more, try me you wish you met me sooner
Kom ons kyk...
Ek soek iemand eerlik. Opreg. Hardwerkend. Geen kans vaters nie. Moet nie my tyd mors nie. Ek hou van lag en gesels, opsoek na my lewensmaat. Die lewe is te kort ons moet...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot