AFGRI
BEAN
17 Aug
-
8938
0,00
CORN
17 Aug
-
4038
0,00
SOYA
17 Aug
-
8745
0,00
SUNS
17 Aug
-
10638
0,00
WEAT
17 Aug
-
7064
0,00
WMAZ
17 Aug
-
4261
0,00
YMAZ
17 Aug
-
4222
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Jun
-
164,91
0,00
Ave Wool - RWS
10 Jun
-
180,07
0,00
Beeste A2/3
05 Aug
-
59,93
-0,33
Beeste AB2/3
05 Aug
-
58,21
0,44
Beeste B2/3
05 Aug
-
54,93
-0,26
Beeste C2/3
06 Aug
-
48,03
-0,31
Bevrore Hoender
05 Aug
-
30,82
0,06
Bokkies (onder 30 kg)
05 Aug
-
72,23
-9,16
Bokooie
05 Aug
-
49,53
-11,74
Groot (meer as 40 kg)
05 Aug
-
43,62
0,97
Hoender (IQF)
05 Aug
-
30,05
0,21
Medium (30-40kg)
05 Aug
-
56,68
-4,81
Pork Average
05 Aug
-
25,32
-0,66
Poultry Average
05 Aug
-
30,8
0,10
Skaap A2/3
05 Aug
-
100,5
-0,06
Skaap AB2/3
05 Aug
-
87,24
1,74
Skaap B2/3
05 Aug
-
81,95
0,36
Skaap C2/3
05 Aug
-
78,01
0,45
Speenkalf
05 Aug
-
36,96
0,46
Spekvarke
05 Aug
-
27,25
-0,23
Stoorlammers
05 Aug
-
47,91
0,66
Varkwors
05 Aug
-
21,7
0,04
Vars Hoender
05 Aug
-
31,55
0,05
Vleisvarke
05 Aug
-
25,18
-0,61

Herbivore 'n teenvoeter teen die aanslag op rooivleis

akkreditasie
Foto: Heather Dugmore
Foto: Heather Dugmore
Die groeiende internasionale aanslag op vee, veeboere en veral beeste en vleiseters is ’n emosionele aanval, geskoei op ideologieë eerder as feite.

Die enigste manier om dié ideologie die stryd aan te sê, is met sterker ideologieë, nie met wetenskap nie.

Só het prof. James Blignaut, ’n hulpbronekonoom en buitengewone professor in omgewingsekonomie aan die Universiteit Stellenbosch, gesê op die Veldvleisvereniging van Suid-Afrika se jaarvergadering op Boschendal naby Stellenbosch.

“Jy moet ’n ideologiese debat aanpak met ideologieë, maar dit moet gerugsteun word deur die wetenskap. Hierdie ideologie moet in ’n storie of narratief omskep word, en ons kan ’n baie doeltreffende storie vertel.

“Die voedselstelsel en die landbouwaardeketting is albei gebreek. Die produsent en die eindverbruiker is nie meer doeltreffend met mekaar verbind nie, en eweneens is die bees en die koolhidraat-produserende gras- en weivelde nie meer doeltreffend met mekaar verbind nie,” het Blignaut gesê.

Hy meen enige boer wat die grond met behulp van vee probeer verbeter en weiding en gras doeltreffend aanwend, soos veldvleisprodusente of boere wat herlewingslandbou-beginsels navolg, het ’n pragtige storie wat as doeltreffende ideologiese teenvoeter vir die huidige aanslag op die landbousektor gebruik kan word.

Totale ekostelsel

“Wanneer ons dink aan bekostigbaarheid, volhoubaarheid en voedingswaarde, dan moet ons dink kragtens ’n funksionele, volledige stelsel. Herbivore dra ’n groot hoeveelheid waarde by tot die totale ekostelsel. Herbivore is grond-ingenieurs – hulle bemes die grond met stikstof in hul urine en voeg waardevolle mikrobe-lewe tot die grond toe deur hul mis.”

Verder stimuleer herbivore grondgesondheid deurdat hulle gras en ander plante afvreet, wat die groei van daardie plante stimuleer. Dít bring ’n kettingreaksie mee wat mikrobiese lewe in die grond aanwakker.

Herbivore speel dus ’n baie belangrike rol in grondgesondheid, en ook die ganse ekostelsel, wat die voortlewing en volhoubaarheid van grondorganismes, van insekte en van voëls verseker.

“Dus, as jy die voedselketting herstel, herstel jy die ekostelsels en herstel jy die mensdom. Beeste speel duidelik ’n belangrike herlewingsrol.”

Enorme bate

Blignaut het die vraag gestel oor wat gaan gebeur as ’n sekere persentasie van die beskikbare grond op herlewingslandbou-beginsels benut word, en wat is die potensiële kapasiteit vir koolstofvaslegging.

“As ons veronderstel dat ons die organiese koolstof in grond kan laat toeneem met 0,1% in grasvelde en 0,25% in bewerkte gronde en ons veronderstel dat ons slegs 30% van ons landbougrond op hierdie wyse bestuur, dan het ons die potensiaal om 67,9 miljoen ton koolstof jaarliks vas te vang.

“Die totale jaarlikse metaangas-vrystelling van al die vee in Suid-Afrika is slegs 12% van die 67,9 miljoen ton koolstof. Dit is ’n aansienlike aanwins en moontlik ’n enorme bate, as ons dit kan regkry.”

Blignaut is ook betrokke by die onafhanklike navorsingsentiteite Beatus en Assaf, wat navorsing doen oor die bevordering van die groen ekonomie.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.66
-1.6%
Rand - Pond
20.08
-1.2%
Rand - Euro
16.96
-1.7%
Rand - Aus dollar
11.55
-0.3%
Rand - Jen
0.12
-1.0%
Goud
1,763.50
-0.7%
Silwer
19.81
-1.6%
Palladium
2,144.66
-0.7%
Platinum
928.75
-1.0%
Brent-ruolie
92.34
-3.0%
Top-40
64,168
-0.9%
Alle aandele
70,967
-0.8%
Hulpbronne 10
63,227
-3.4%
Industriële 25
87,430
+0.4%
Finansiële 15
16,160
-0.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Die lewe geniet
Waardeur opregtheid en eerlikheid. Hou van fietsry, stap, natuur, kamp. Geniet netjiese tuin. Ek hou van mense wat intelegent gesels wat oop is vir redenasies, wat nie in...
Looking for my soulmate
I am a divorced lady, i am still looking for the one. I am a mommy of two furbabies, they are my life, they are my kids. I am very family orientated. I am not interested in...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot