Prof. Raluca Mateescu, mede-professor in dierkunde aan die universiteit se instituut vir voedsel- en landbouwetenskappe, het in ’n artikel in die Amerikaanse landboutydskrif The Progressive Farmer haar bevindings bekend gemaak. Sy soek maniere om die vetsuurinhoud van beesvleis te verander.
“Volgens navorsing oor die afgelope dekade hou die hoeveelheid vet in die dieet nie regtig met siektes verband nie.
“Wat duideliker word, is dat slegte vette – trans- en kortlengte-versadigde vette – die risiko van koronêre hartsiektes en ander siektes verhoog, terwyl goeie vette – mono- en poli-onversadigde en langer-lengteversadigde vette – dié risiko’s verlaag. Die sleutel tot ’n gesonde dieet is nie om die totale vetinname te verlaag nie, maar om slegte vette vir goeie vette te verruil.”