AFGRI
BEAN
25 Nov
-
9000
0,00
CORN
25 Nov
-
4468
0,00
SOYA
25 Nov
-
10240
0,00
SUNS
25 Nov
-
11275
0,00
WEAT
25 Nov
-
6695
0,00
WMAZ
25 Nov
-
5274
0,00
YMAZ
25 Nov
-
5018
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
11 Nov
-
157,79
-1,69
Ave Wool - RWS
11 Nov
-
166,91
2,42
Beeste A2/3
11 Nov
-
60,08
-0,01
Beeste AB2/3
11 Nov
-
56,81
0,56
Beeste B2/3
11 Nov
-
52,15
-0,80
Beeste C2/3
11 Nov
-
48,73
-0,12
Bevrore Hoender
11 Nov
-
31,94
-0,12
Bokkies (onder 30 kg)
11 Nov
-
63,1
0,10
Bokooie
11 Nov
-
43,61
4,61
Groot (meer as 40 kg)
11 Nov
-
46,34
2,08
Hoender (IQF)
11 Nov
-
31,3
-0,20
Medium (30-40kg)
11 Nov
-
60,71
6,10
Pork Average
11 Nov
-
34,12
-1,93
Poultry Average
11 Nov
-
32,11
-0,25
Skaap A2/3
11 Nov
-
90,18
-0,27
Skaap AB2/3
11 Nov
-
75,17
-0,35
Skaap B2/3
11 Nov
-
72,99
-1,21
Skaap C2/3
11 Nov
-
69,21
-1,49
Speenkalf
11 Nov
-
36,96
-0,14
Spekvarke
11 Nov
-
34,51
-0,93
Stoorlammers
11 Nov
-
41,2
1,38
Varkwors
11 Nov
-
26,82
-1,04
Vars Hoender
11 Nov
-
33,1
-0,44
Vleisvarke
11 Nov
-
33,99
-1,96
Skenk 'n artikel

Hier is 2022 se topbulle

akkreditasie
Deel jou intekenaarartikels.
Jy het 3 artikels om hierdie maand te deel. Stuur hierdie storie aan 'n vriend!
Hierdie webtuiste word beskerm deur reCAPTCHA en Google se Privaatheidsbeleid en Gebruikersvoorwaardes geld.
Laai tans...
Besig om te laai. Wag asseblief...
ANGUS (ROOI): ON REQUEST JMS 20-272
EIENAAR EN TELER: MNRE. JOHAN (regs) EN JM STEYN (links)
Die Vansia-stoetery van mnre. Johan en JM Steyn is deel van ’n omvangryke beesboerdery op die plaas Van Wyksrust by Bothaville, waar hulle ook ’n Brangus-stoetery en kommersiële Brangus-kudde bedryf. Dit is ’n soetveldomgewing en die boerdery het ook die voordeel van aangeplante smutsvingerweiding. Die boerdery verbou verder mielies wat deur JM se broer, Danes, behartig word. Die beeste wei in die winter op die oesreste. Die Elite-bul, On Request JMS 20-272, kom uit ’n topkoeifamilie – Hide a Ways Society Girl – met Lucky aan vaderskant. On Request het ’n goeie lengte, bene en toplyn. 

NAVRAE: E-pos: vansia@mics.co.za; 
072 408 5699.
ANGUS (ROOI): ON REQUEST JMS 20-272 EIENAAR EN TELER: MNRE. JOHAN (regs) EN JM STEYN (links) Die Vansia-stoetery van mnre. Johan en JM Steyn is deel van ’n omvangryke beesboerdery op die plaas Van Wyksrust by Bothaville, waar hulle ook ’n Brangus-stoetery en kommersiële Brangus-kudde bedryf. Dit is ’n soetveldomgewing en die boerdery het ook die voordeel van aangeplante smutsvingerweiding. Die boerdery verbou verder mielies wat deur JM se broer, Danes, behartig word. Die beeste wei in die winter op die oesreste. Die Elite-bul, On Request JMS 20-272, kom uit ’n topkoeifamilie – Hide a Ways Society Girl – met Lucky aan vaderskant. On Request het ’n goeie lengte, bene en toplyn. NAVRAE: E-pos: vansia@mics.co.za; 072 408 5699.

ANGUS (SWART): HUGO MAXIMUS BL 19-1 TELER EN EIENAAR: MNR. GERRIT EN ME. IZELLE VAN ROOYEN (inlas) Die Borderland Angus-stoetery is by Marquard in die Oos-Vrystaat gesetel waar die weiding hoofsaaklik uit suurveld en gemengde veld bestaan. Die eienaars, mnr. Gerrit en me. Izelle van Rooyen, gebruik oesreste gedurende die winter. Die mediumraambeeste pas goed by die koue winters aan. Die Elite-bul, Hugo Maximus BL 19-1, het goeie teelwaardes, wat ’n geboortegewig van 34 kg en speengewig van 330 kg insluit. Sy ma was ’n eerstekalfkoei vanuit ’n besonderse en vrugbare moederlyn. Sy het hom op 61,1% van haar liggaams- gewig gespeen. Hy het ’n goeie GDT-indeks van 125 in die fase D-groeitoets behaal. Hierdie mediumraambul het uitnemende lengte en diepte, en daarby verrykende potensiaal wat sy eienskappe vir vleisopbrengs betref. Hugo Maximus is die tipe bees waarna die eienaars streef. NAVRAE: E-pos: izellephysio@gmail.com; 083 443 7920.
BORAN: KOLSKOOT DE LA HOYA GB 19-19 EIENAAR EN TELER: MNR. GIDEON BOTHA (inlas) Kolskoot Borane van mnr. Gideon Botha word by Luckhoff in die Suidwes-Vry- staat aangehou. Die weiding bestaan uit natuurlike Karoo-tipe bossies en soetgras. Die Elite-bul, Kolskoot De la Hoya GB 19-19, se ma, HVT 11-27, is ’n toonbeeld van Kol- skoot Borane se teeldoelwit, waaronder dat koeie vroulik en funksioneel doeltreffend moet wees, met goeie melk, kloue en moedereienskappe. Sy vaar, GB 15-38, is met ’n doel geselekteer om saam met die ma te loop omdat sy lyflengte, bespiering en fenotipe aan die stoetery se seleksie- doelwit voldoen. GB 19-19 het goeie breedte, diepte en kapasiteit. Danksy uitstekende groeidata is hierdie bul ’n uitblinker en behoort hy nageslag te teel wat fenotipies in die behoeftes voorsien, tesame met goeie groei, vleiseienskappe en aanpasbaarheid. Vir Kolskoot Borane is dit belangrik om te meet en aan groeitoetse deel te neem. Daardeur kan die produksiedata korrek gebruik word om teeldoelwitte te bereik. NAVRAE: E-pos: kolskootborane@gmail.com; 082 386 7724.
BRAFORD: BONHEUR WRANGLER GM 20-43 EIENAAR EN TELER: MNR. GERT VAN DER MERWE (inlas, links) EN JOHAN DE JAGER (inlas, regs) Die Bonheur Braford-stoetery op die plaas Schaapkraal, Bethal, streef na hoë vrugbaarheid, gehardheid, groei en aanpasbaarheid. Die Elite-bul, Bonheur Wrangler GM 20-43, is uit van die beste plaaslike en Australiese Braford-lyne geteel. Dié poenskopbul beskik oor uitstekende syfers, bouvorm, lengte, breedte en diepte. Sy eienaars meen hy is funk- sioneel doeltreffend en sal ’n aanwins vir enige kudde wees. Hy het ’n voeromsettingsverhou- ding (VOV)van 4,2 kg en ’n gemiddelde daaglikse toename (GDT) van 1,9 kg. Bonheur Brafords het vier jaar agtereenvolgens die hoogste prys vir ’n bul op die ras se nasio- nale veiling behaal en in 2021 die duurste Braford-bul nóg in Suid-Afrika verkoop. NAVRAE: Mnre. Gert van der Merwe, 082 653 0323; Johan de Jager, 060 966 3693.
BRAUNVIEH: EDUAN STEFANUS WHISKY N 19-88 EIENAAR EN TELER: MNRE. GAWIE (inlas, regs) EN WILLEM NAUDÉ (inlas, links) Die Elite-bul, Eduan Stefanus Whisky N 19-88, is ’n kleinseun van Eduan Jumbo’s Manifest, wat in 2015 die wenner van die prestasietoetsklas was. Whisky is geteel deur die Eduan Braunvieh-stoetery, die oudste Braunvieh-stoetery in Suid-Afrika wat in 1936 begin is. Die kudde loop op die plaas Buttermead by Barkly-Oos, wat as die Switserland van Suid-Afrika bekend is. Die plaas is sowat 1 850 m bo seevlak, met baie lang, koue winters (tot -16 °C). Die Braunvieh verleen hom uitstekend tot dié toestande omdat die ras van die hoë Alpe in Switserland kom. Die omgewing is oorwegend suurveld en die voedingswaarde neem in die winter drasties af. Whisky vertoon sterk manlikheid en beskik oor baie goeie vleiseienskappe, asook besondere lengte, breedte en diepte. Hy behoort baie vleis en melk tot enige kudde by te dra. NAVRAE: Mnre. Willem Naudé, e-pos: wnaude80@gmail.com, 082 775 7067; Gawie Naudé, e-pos: gawien@telkomsa.net, 082 897 9555.
CHAROLAIS: THE HIT BB 20-60 EIENAAR en teler: MNR. DEWALD VAN DER MERWE (inlas) Die Dubbel B Charolais-stoetery is deel van die Biesiesvlei-boerdery en behoort aan mnr. Dewald van der Merwe wat die kudde in die Kalahari naby Vergeleë in Noordwes aanhou. Die Elite-bul, The Hit BB 20-60, is die produk van ’n suksesvolle kunsmatige inseminasie- (KI) program met semen van die bul Izoard wat van Frankryk ingevoer is. BB 20-60 het ’n gouemerieteprys ontvang en spog met puik syfers. Hy is ’n mediumraambul met besonderse diepte en vleiseienskappe. Sy ma, WDC 09-95, is ’n koei met goeie melkeienskappe en haar TKP is 383 dae oor tien kalwers. NAVRAE: E-pos: dewald@tacet.co.za, 079 898 0785.
DRAKENSBERGER: GRASMUNT PUMA CL 19-17 EIENAAR EN TELER: MNR. CAREL NEL (inlas) Die eienaar van die Grasmunt Drakensberger-stoetery, mnr. Carel Nel, boer op die plaas Helderfontein, Brandfort. Die weiding wissel van soet- tot gemengde suurveld met ’n drakrag van 6:1. Dit is vanjaar die tiende keer dat ’n bul van Nel vir die eerbewys in aanmerking kom. Grasmunt Puma CL 19-17 is die produk van jare lange, volgehoue seleksie vir eienskappe van ekonomiese waarde, aanpasbaarheid en funksionele doeltreffendheid in ’n dier wat fenotipies so na moontlik aan perfek binne die raamwerk van die rasstandaarde is. Hy het ’n streng fase D-veldtoets met onderskeiding geslaag en ’n keuring van 92% behaal. Hy is besonder manlik met die ideale balans tussen lengte, breedte en diepte, ’n baie sterk toplyn, ’n perfekte skede en baie goeie bene met ’n gemaklike loopvermoë. Die bul het hierdie seisoen al 30 vroulike diere gedek en is reeds ’n belangrike bousteen in Nel se strewe na die ideale veldbees. NAVRAE: E-pos: carelnel02@gmail.com, 082 828 1984.
HEREFORD: BM Frontier 17-83 BMH 20-2 EIENAAR EN TELER: MNR. BERTUS MONG (inlas) Die PP Mong-trust van Villiersdorp se vee wei op suurveld en fynbos, aangevul met aangeplante medics en hawer. In die somer wei hulle op stoppellande. Die Elite- bul, BM Frontier 17-83 BMH 20-2, is in die top-1% van die ras vir GDT (147) en Kleiber-verhouding (144). Hy is ook in die top-5% vir speen-, náspeen- en volwasse gewig. Die bul se ma het die eerste keer op 30 maande oud gekalf het en het ’n tussenkalfperiode (TKP) van 397 dae vir twee kalwers. Die bul is ook in die top-2% van die ras vir teelwaarde vir testisgrootte. Hy het puik vleiseienskappe en is ’n goed gebalanseerde mediumraambul. NAVRAE: E-pos: bertus@ppmong.co.za, 082 947 0701.
HUGENOOT: B 19-105 EIENAAR EN TELER: MNR. HENK VAN RENSBURG (inlas) Die Koperkop Hugenoot-stoetery van mnr. Henk van Rensburg word in die bosveld van Limpopo op die plaas New Hanover by Dendron en Mara bedryf. Die Elite-bul, B 19-105, het goeie breedte en diepte. Hy is goed bespierd en het ook bogemiddelde teelwaardesyfers vir kalfgroei, vrugbaarheid en melk. ’n Waarde van 119 vir geboortegemak en die feit dat hy skoon van miostatien-gene vir dubbelbespiering is, maak hom ’n maklike keuse vir teling in ’n kudde. Die Hugenoot-ras se uitsonderlike voordele is geboortegemak, goeie groeisyfers en ’n hoë uitslagpersentasie. NAVRAE: E-pos: info@koperkop.co.za, 082 345 1270.
LIMOUSIN: DEVLAN POWER DL 19-151 EIENAAR en TELER: MNR. JOHN EN ME. TRACEY DEVONPORT (inlas) Die Limousin-stoetery Devlan Limousins van mnr. John en me. Tracey Devonport grens aan die Vaaldam se boonste oewer op die landgoed Water’s Edge. Die eienaars het waterregte en plant mielies in die somer om kuilvoer te maak en hawer in die winter vir groen weiding. Verder loop die beeste op suurveld. Die Elite-bul, Dev- lan Power DL 19-151, is ’n jong bul met goeie teelwaardes en uitstekende genetiese eienskappe. Hy is aan grootvaderskant ’n afstammeling van ’n voormalige nasionale kampioen, Devlan Depth DL 06-123, en aan moederskant is hy verwant aan Dev- lan Staveley Hercules en Devlan Frank. Die Limousin-ras lewer baie vleis danksy die uitsonderlike uitslagpersentasie en doeltreffende karkas wat vleisopbrengs betref wanneer ’n karkas ontbeen word. Boonop het die ras uitstekende basterkrag as Limousin-bulle met plaaslike, inheemse rasse gekruis word. Die koeie kalf maklik danksy klein kalwers wat ná geboorte vinnig groei. NAVRAE: E-pos: john@devonport.co.za, 083 454 3095.
PINZGAUER: NGUVU GB 19-217 EIENAAR EN TELER: BERTIE VAN ZYL (EDMS.) BPK. (inlas, MNR. FANIE POTGIETER, BESTUURDER) Die Elite-bul, Nguvu GB 19-217, is die resultaat van teling tussen twee uitstekende ZZ2 Grootboom Pinzgauer-stoetbeeste, en is op 2 Desember 2019 gebore. Die ZZ2 Grootboom Pinzgauer-stoetery by Mooketsi in Limpopo is die grootste stoetery van hierdie ras ter wêreld en die oudste in Suid-Afrika. Nguvu se pa is GB 17-6, ’n uitstekende bul met goeie teelwaardes. Sy oupa is die befaamde bul Pegasus, ’n seun van die bekende bul Mr Silence. Nguvu se ma, Stacey B 11-29, kom uit Namibiese bloedlyne en is self ’n goeie koei met uitsonderlike melkproduksie en vroulike eienskappe. Nguvu beskik oor uitstekende vleiseienskappe, lengte, hoogte en teelwaardes. Die stoetery se seleksie is streng gegrond op teelwaardes, visuele voorkoms en vrugbaarheid. NAVRAE: Mnr. Fanie Potgieter, 082 336 7199; e-pos: grootboom@zz2.co.za
PINZ2YL: SPARTA PZ 19-314 EIENAAR EN TELER: BERTIE VAN ZYL (EDMS.) BPK. Die Elite-bul, Sparta PZ 19-314, is afkomstig uit die eerste en grootste PinZ²yl-stoetery ter wêreld, die ZZ2 Mathomo PinZ²yl-stoetery by Mooketsi. Hy is ’n goeie voorbeeld van die F1-PinZ²yl-bulle wat geteel word deur ’n Nguni-bul by ’n Pinzgauer-koei. Sparta se pa is LEB 16-517 en sy oupa is T 10-315, albei van bekende Nguni-stoeterye. Sy ma is KB 15-68 uit die ZZ2 Grootboom Pinzgauer-stoetery en spog met ’n TKP van 362 dae. Die Mathomo-stoetery het diere wat hy self baie streng uit ’n hoogs vatbare hartwater- en rooiwatergebied selekteer. Die Elite-bul het goeie groei- en vrugbaarheidsindekse, ’n kort skede en uitstekende, klein hoewe, en is ideaal aangepas vir die ekstensiewe bosveld. Die bul toon goeie bespiering met uitstekende vleiseienskappe, spog met die ras se tipiese kleurpatroon en het ’n uitsonderlike haarkleed, goeie kapasiteit en ’n sterk manlike voorkoms. NAVRAE: Mnr. Fanie Potgieter (bestuurder), 082 336 7199, grootboom@zz2.co.za
SHORTHORN: NM 19-49 EIENAAR: MNR. ADRIANO BAPTISTA (inlas, bo). TELER: MNR. NEIL DRY (inlas, onder) Die Elite-bul, NM 19-49, is deur die Niemen-stoetery van mnr. Neil Dry van Magaliesburg geteel en deur mnr. Adriano Baptista, ’n sakeman en kommersiële beesboer van die distrik, gekoop. Niemen is ’n varkboerdery wat onder meer na beesboerdery gediversifiseer het. Niemen Shorthorns het in 2010 die kern van die ou Primston-stoetery by Bedford uitgekoop. Dry het al baie bulle geteel wat oor die hele Suid-Afrika gebruik word, waaronder NMS 16-69 (die vaar van NM 19-49). Baptiste boer al 20 jaar lank met beeste en bedryf ’n voerkraal. Die versies word vir teling geselekteer en die bulkalwers in die voerkraal afgerond. NAVRAE: Mnr. Neil Dry, 083 778 8000; e-pos: niemen@skyafrica.co.za
SIMMENTALER: RIVERVALLEY PANDOR AB 19-119 EIENAAR: MNR. RIAAN ODENDAAL (inlas). TELER: MNR. PETER EN ME. LUCILLE ABRAHAMSE Odensim Simmentalers is op die plaas Uithoek by Villiers in die Vrystaat geleë. Die eienaar, mnr. Riaan Odendaal, streef na ’n kudde met hoë vrugbaarheid, aanpasbaarheid en goeie groei. Die Elite- bul, Rivervalley Pandor AB 19-119, kom uit baie vrugbare Simmentaler-families. Sy ma is reeds 15 jaar oud en spog met ’n Simdeks van 101 en ’n TKP van 379 dae. Die bul het besonder goeie groeisyfers. NAVRAE: Mnre. Riaan Odendaal, e-pos: RiaanO@inteligro.co.za, 082 743 9832; Peter Abrahamse, e-pos: peterabr@xsinet.co.za; 082 568 1212.
SOUTH DEVON: WINSTON JIMMY JM 19-2834 EIENAAR EN TELER: MNRE. JOHN (inlas, regs) EN JAMES (inlas, links) MILLER Die eienaars van die Winston South Devon-stoetery, mnre. John en James Miller, boer op die plaas Winston by Cathcart. Die plaas lê 1 370-1 520 m bo seevlak, met koue, ongenaakbare winters, suurveld en meer onlangs uitgebreide droogtes en ondergemiddelde reënval. Hul oogmerk is al sedert 1989 om ’n hoogs vrugbare, maternale kudde te teel wat goed in dié strawwe toestande presteer. Streng seleksie het gelei tot ’n koeikudde wat ’n uiters doeltreffende, belang- rike afdeling van die boerdery is. Hul definisie van ’n goeie moeder is ’n koei wat moontlike probleme by haar kalf van dragtigheid tot speentyd uitskakel. Melkproduksie is ’n belangrike eienskap, want dit is onmoontlik om beesvleis sonder melk te produseer. Die Elite-bul, Winston Jimmy JM 19-2834, is ’n uitsonderlike verteenwoordiger van die kudde. Hy het besonderse lengte, vleis- eienskappe, beenstruktuur, sterkte oor die toplyn en lang bespiering waarna ’n boer in ’n vrugbare bul soek. NAVRAE: Mnr. James Miller, e-pos: james@breede.co.za, 082 517 4887.
SUSSEX: ADVOCATE KLAUS 60STE CC 20-13 EIENAAR EN TELER: REGTER C.B. CILLIÉ EN ME. ERINA CILLIÉ DU PREEZ (inlas) Die Advocate Sussex-stoetery van regter C.B. Cillié en sy dogter, me. Erina Cillié du Preez, bestaan reeds sedert 1988 en word naby Bloemfontein op tipiese rooigrasweiding bedryf. Dit bestaan tans uit 280 vroulike diere. Die stoetery se teelwaardes vir kalfgroei, melk en vrugbaarheid is aansienlik bo die rasgemiddelde. Klem word op veld- aangepaste diere gelê. Die Elite-bul, Advocate Klaus 60ste CC 20-13, spog met ’n speenindeks van 112, GDT van 104 en VOV van 107. Sy ma het ’n 4½-ster-gradering van SA Stamboek verkry. NAVRAE: E-pos: ccillie@bfn.co.za, 083 388 0830.
TULI: RED BULL DKH 19-11 EIENAAR EN TELER: MNR. BEN RAATH (inlas) Die Donkerhoek Tuli-stoetery word op die plaas Donkerhoek in die hartjie van die Karoo by Britstown bedryf. Mnr. Ben Raath se teelbeleid is om funksioneel doeltreffende diere te teel wat vrugbaar, gehard en by uiterste toestande aangepas is. Die Elite-bul, Red Bull DKH 19-11, is ’n baie korrekte bul met goeie lengte van lyf, breedte, diepte en bespiering. Hy beweeg uitstekend en vertoon manlik. NAVRAE: E-pos: braath@isat.co.za, 083 468 6176.

Lees die volle storie
Teken in op Landbou.com en kry toegang tot die beste joernalistiek en eksklusiewe produkte.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.09
-0.4%
Rand - Pond
20.66
+0.0%
Rand - Euro
17.80
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.54
+0.0%
Rand - Jen
0.12
-0.0%
Goud
1,754.60
0.0%
Silwer
21.61
0.0%
Palladium
1,856.61
0.0%
Platinum
984.00
0.0%
Brent-ruolie
83.63
-2.0%
Top-40
66,754
-0.0%
Alle aandele
73,151
+0.0%
Hulpbronne 10
71,441
-0.1%
Industriële 25
87,347
-0.2%
Finansiële 15
16,370
+0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Die lewe is so kosbaar dat jy dit moet deel met n lewensmaat
Ek het die lewens pad gestap en het nog net respek vir ander mense gehad. Ek soek geen issues in my lewe nie en wil dus nie n las op. my he nie. Nog 7 jaar dan tree ek af en wil...
Opgewonde! Lets do this!
Ek is passievol, opreg, eerlik en sommer net vol energie! Ek kan 'n lekker stappie in die woud gaan doen... ek kan die hele aand deur op daai dansbaan dans, ek kan die...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot