Daar is bevind die kalwers van Holsteinkoeie wat in die laaste 45 dae van dragtigheid hittestres ervaar het, het ’n laer geboortegewig en ’n groter voorkoms van dooie selle in hul ingewande.
Hul organe, soos die hart, lewer, niere, timus en milt, weeg ook minder, en hul immuunstelsel word geraak. ’n Laer geboortegewig kan ’n aanduiding van swakker nageboortelike funksie en vroeër geboorte wees, asook minder gevorderde ontwikkeling van die fetus.
Die laer gewig van organe dui ook op swakker fetale en nageboortelike ontwikkeling. Die hoofnavorser was dr. Baroz Ahmed van die Sulaymaniyah-universiteit in Irak en ’n ná-doktorale student aan die Universiteit van Florida.