Bloemveeprodukte bemark verskeie toestelle om geboortes by beeste te vergemaklik. Die Duits vervaardigde Rheintechnikkalftrekker (bo) van aluminium kan gebruik kan word om koeie wat sukkel om te kalf, te help.
Die Duits vervaardigde Kerbl-koeiraam (onder) help koeie om ná kalf weer op die been te kom. Nadat die koei gekalf het en sy in staat is om haar voorbene te gebruik, maar is in die agterlyf beseer, kan sy hiermee opgehelp word.
Die hystoestel word vir ’n kort tydperk van sowat 30-45 minute om die heupbene gebruik sodat die koei kan regop bly staan. Soms gebruik veeboere ’n piesangvormige ballon onder die koei om haar te ondersteun totdat sy self kan staan en die bloedsomloop in haar ledemate te bevorder.