AFGRI
BEAN
12 Aug
-
9080
34,00
CORN
12 Aug
-
4168
9,00
SOYA
12 Aug
-
8905
129,00
SUNS
12 Aug
-
10640
152,00
WEAT
12 Aug
-
7051
14,00
WMAZ
12 Aug
-
4369
51,00
YMAZ
12 Aug
-
4226,4
29,40
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Jun
-
164,91
0,00
Ave Wool - RWS
10 Jun
-
180,07
0,00
Beeste A2/3
29 Jul
-
60,38
0,45
Beeste AB2/3
29 Jul
-
58,48
0,27
Beeste B2/3
29 Jul
-
54,96
0,03
Beeste C2/3
29 Jul
-
47,7
-0,33
Bevrore Hoender
29 Jul
-
30,92
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
29 Jul
-
73,56
1,33
Bokooie
29 Jul
-
52,68
3,15
Groot (meer as 40 kg)
29 Jul
-
43,74
0,12
Hoender (IQF)
29 Jul
-
29,99
-0,06
Medium (30-40kg)
29 Jul
-
58,6
1,92
Pork Average
29 Jul
-
25,84
0,52
Poultry Average
29 Jul
-
30,84
0,04
Skaap A2/3
29 Jul
-
103,69
3,19
Skaap AB2/3
29 Jul
-
87,73
0,49
Skaap B2/3
29 Jul
-
80,62
-1,33
Skaap C2/3
29 Jul
-
77,93
-0,08
Speenkalf
29 Jul
-
37,01
0,05
Spekvarke
29 Jul
-
27,46
0,21
Stoorlammers
29 Jul
-
48,06
0,15
Varkwors
29 Jul
-
21,63
-0,07
Vars Hoender
29 Jul
-
31,63
0,08
Vleisvarke
29 Jul
-
25,68
0,50

Indiese Boerbokke nou by Stamboek aangeteken

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Ter illustrasie. Foto: Johan Norval
Ter illustrasie. Foto: Johan Norval
Die nuut gestigte Indiese Boerbok-telersvereniging het besluit om dieselfde stelsel en metodes as die Suid-Afrikaanse telers te gebruik om diere-aantekening te behartig.

Dr. Japie van der Westhuizen, hoofbestuurder van SA Stamboek, sê dit is nie ’n verrassing dat telers in Indië die waarde van die Suid-Afrikaanse Boerbok as teeldier raakgesien het nie. “Suid-Afrika se stoettelers is bekend daarvoor dat hulle diere van uitstekende gehalte kan teel. Die rasse eie aan veral Suider-Afrika is in ander wêrelddele gesog en die kombinasie van toptelers, met die plaaslike genetiese bronne tot hul beskikking, sorg vir die seleksie van die produktieste teeldiere.”

Volgens hom bepaal die Diereverbeteringswet (Wet 62 van 1998) soos vir ander landrasse dat dié diere aan streng voorwaardes voldoen voordat hulle uitgevoer mag word. Dit verseker gehalte omdat dit verseker dat diere wat aan die standaarde van die betrokke telersgenootskap voldoen, uitgevoer word.

“Suid-Afrikaans geteelde Boerbokke vorm die kern van die teling van Boerbokke in Indië, ook in die opgradering van hul plaaslike bokke,” sê Van der Westhuizen. “Stamboek se Logix-stelsel voldoen aan wêreldstandaarde en dra die internasionale diere-aantekeningkomitee (ICAR) se gehalteseël. Verder bied Logix volle internettoegang en is data elektronies uitruilbaar. Deelname word dus nie beperk tot plaaslike telers nie.”

Telers van Suider-Afrika, Suid-Amerika en Amerika gebruik reeds dié Stamboekstelsel vir die aantekening en teling van hul diere.

Hy sê die Indiese praktyke om plaasvee te teel, verskil uiteraard van Suid-Afrika, wat ’n ander aanslag geverg het. “Die Boerbokke van verskillende eienaars word oor die algemeen saamgevoeg en in gesamentlike kuddes bestuur. Dit is soortgelyk aan die praktyke wat gevolg word met melkkoeie en -buffels, waarvolgens die koeie van ’n nedersetting as ’n kudde geëvalueer word, al het hulle verskillende eienaars. Die beweging van diere tussen kuddes (en natuurlik lokaliteite) word ook so doeltreffend gemonitor en vir naspeurbaarheid.”

Die eerste stappe is om al die eienaars, kuddes en die diere op Logix vas te lê. Aangesien die oorspronklike teeldiere se oorsprong in Suid-Afrika is waar hulle reeds aangeteken is, sal die stamboominligting outomaties gekoppel word en sal die Indiese diere spoedig deel kan vorm van die genetiese evaluasie vir die ras. Enige teler kan só voordeel trek uit www.SASmallstock.com, waar die waardes deur Stamboek beskikbaar gestel word. 
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.20
+0.3%
Rand - Pond
19.66
+0.8%
Rand - Euro
16.62
+0.9%
Rand - Aus dollar
11.54
-0.0%
Rand - Jen
0.12
+0.6%
Goud
1,800.50
+0.6%
Silwer
20.80
+2.4%
Palladium
2,224.00
-2.9%
Platinum
966.20
+0.5%
Brent-ruolie
99.60
+2.2%
Top-40
63,996
-1.0%
Alle aandele
70,731
-0.8%
Hulpbronne 10
64,048
-2.8%
Industriële 25
86,577
-0.6%
Finansiële 15
16,059
+0.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Die lewe geniet
Waardeur opregtheid en eerlikheid. Hou van fietsry, stap, natuur, kamp. Geniet netjiese tuin. Ek hou van mense wat intelegent gesels wat oop is vir redenasies, wat nie in...
Vinkel soek Koljander
Spontaan, positief, gelowig, buitelewe entoesias, passievol. Lief vir lag. Nou familie bande. Diereliefhebber Groenvingers Lojaal Avontuurlustig Braai en kuier Kreatief Kamp
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot