AFGRI
BEAN
02 Des
-
9365
0,00
CORN
02 Des
-
4550
0,00
SOYA
02 Des
-
10600
0,00
SUNS
02 Des
-
11030
0,00
WEAT
02 Des
-
6745
0,00
WMAZ
02 Des
-
5203
0,00
YMAZ
02 Des
-
4966
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

Internasionale sake plaas druk op sybokhaarmark

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Ter illustrasie. Foto: Fredalette Uys
Ter illustrasie. Foto: Fredalette Uys
Verskeie internasionale faktore veroorsaak dat sybokhaarpryse onder druk verkeer, maar dit is nog nie rede tot kommer nie.

Op die derde sybokhaarveiling van die winterseisoen wat einde September plaasgevind het, is slegs 42% van die aanbod verkoop, ondanks ’n aanbod van haar van ’n goeie gehalte waarvan 80% RMS-gesertifiseer was. Kopers kon nie reserwepryse betaal nie.

Sybokhaar Suid-Afrika skryf in sy markverslag dié daling toe aan ’n insinking in die vraag na sybokhaar, met kopershuise wat nog met opgegaarde voorraad sit. Die swakker vraag word toegeskryf aan hoë inflasievlakkie in Europa en Brittanje, asook stadige ekonomiese groei in China, wat ’n direkte impak op internasionale kopers het.

Volgens mnr. Marco Coetzee, hoofbestuurder van Sybokhaar Suid-Afrika, ervaar die meeste lande wat sybokhaar invoer, ekonomiese probleme. Dit het ’n direkte uitwerking op die sybokhaarmark. Altesaam 95% van die sybokhaar word uitgevoer, waarvan 40% na Italië, 30% na China en 15% na Brittanje gaan.

“Inflasie in Europa en Brittanje wat gewoonlik rondom 1% is, is tans meer as 10%, grootliks weens die Russiese oorlog in Oekraïne.”

Insetkoste, veral energiekoste, vir fabrieke is tans aansienlik duurder en dit het ’n direkte impak op sybokhaarpryse en die mark. China was boonop lank ná ander lande steeds weens covid-19-uitbrekings gesluit, wat ’n groot impak op sy ekonomiese groei gehad het. Dit staan tans op 3%, terwyl dit normaalweg dubbelsyfers is.

Coetzee sê dit is egter nog nie nodig om bekommerd te wees oor die huidige markbewegings nie.

Lesotho en hoë plaaslike volumes

“Die tyd van die jaar is die grootste sybokhaarvolumes op die mark, want Lesotho se haar word ook nou verkoop. Die daling in aanvraag het net op die verkeerde tyd van die jaar plaasgevind.”

Hy sê die laaste sybokhaar van Lesotho word op 17 Oktober verkoop, en daar word ’n redelike groot hoeveelheid Suid-Afrikaanse sybokhaar op 18 Oktober se veiling verwag.

“Die Suid-Afrikaanse wol-en-bokhaarkopersvereniging (Sawamba) glo dat China later in die winterseisoen sal terugkeer na die mark, wat ’n gunstige impak sal hê.”

Met Lesotho se sybokhaar wat net tot in Oktober op die mark is, sal dit ook gunstig wees vir die Suid-Afrikaanse mark.

Hy sê in gevalle soos dié bied die Sybokhaartrust ’n poelskema aan vir produsente waar hul bokhaar in ’n poel geplaas word. Die trust betaal dan ’n vloerprys aan die produsent wat gegrond is op die huidige produksiekoste om die sybokhaar te produseer. Dit is ongeveer 60% van die markwaarde van sybokhaar. Enigeen met vrae kan Coetzee daaroor kontak.

Sybokhaarvolumes neem ook toe vanweë beter weerstoestande in produksiegebiede. Volgens Coetzee is 2,3 miljoen kg haar in 2021 in Suid-Afrika produseer, wat ’n toename van 8% is teenoor 2020. Groei van 1% is tot dusver tydens die somerseisoen gesien, met verdere groei wat in die winterseisoen te wagte sal wees.

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.50
+0.3%
Rand - Pond
21.47
+0.1%
Rand - Euro
18.39
+0.3%
Rand - Aus dollar
11.89
+0.5%
Rand - Jen
0.13
-0.3%
Goud
1,795.29
-0.4%
Silwer
23.13
+1.7%
Palladium
1,899.50
-2.3%
Platinum
1,019.00
-2.4%
Brent-ruolie
86.88
-0.1%
Top-40
68,238
-0.9%
Alle aandele
74,323
-0.9%
Hulpbronne 10
74,020
-2.7%
Industriële 25
91,592
-0.6%
Finansiële 15
15,398
+0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Sonder die romantiek is mens maar net n halwe mens
Ek is eerlik, gemaklik, sin vir humor, lief vir die lewe, positief, leef gesond en lief vir die natuur en veral enige diere
Kom ons vat n kans
Ek is mense mens, my kind en familie en vriende is my alles, kwaliteit tyd saam n mens se geliefdes is kosbaar.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot