En die beperkings wat op skaapboerderye geplaas word nadat die dodelike Johne se siekte in hul kudde bespeur is, is ’n doodsvonnis.
Só meen mnr. Leon de Beer, hoofbestuurder van die Nasionale Wolkwekersvereniging.
Die organisasie het onlangs met verskeie belanghebbendes in die bedryf vergader om ’n veterinêre prosedurekennisgewing te ontwikkel om aan die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling voor te lê.