Die Beefmaster-bul Mustang het in 2019 vir mnr. Derick Louw van die Halseton-stoetery die eretitel as wêreldkampioenteler van sy ras in die Champion of the World Genetics-kompetisie losgeslaan.
Vyf ander Suid-Afrikaanse beestelers het ook dié prestasie behaal in die kompetisie waarvoor meer as 1 000 diere van 80 lande ingeskryf is. Louw se 12-jarige Beefmaster-koei WO 10-0059 verteenwoordig vanjaar dié ras in die Elite-platinumkoeikompetisie.
Sy Elite-koei word saam met die kudde in ekstensiewe toestande aangehou. ’n Aanduiding van haar moeder- en vrugbaar- heidseienskappe is dat sy altyd dragtig is.