Boerdery gaan uiteindelik oor besluitneming. Hoe beter ’n boer bepalende faktore kan identifiseer en daarvolgens die beste besluite neem, hoe beter sal sy risikobestuur wees, sê die skaapadviseur mnr. André Fourie.
Tipies is sulke faktore vir ’n skaapboer drakrag, veldbestuur, reproduksie, bemarkingstrategieë, oorwintering, winterweiding, uitbreidings, intensifikasie en volhoubaarheid.
Volgens Fourie is dit ’n mite dat “enig- iets” wat ’n boer op sy plaas doen, hom geld in die sak gaan bring. “Dit is nie noodwendig waar nie en dit kan ’n boer inderwaarheid onnodig geld uit die sak jaag. Die sleutel lê in die regte bestuursmodel.” ’n Boer moet sy boerdery se risikoprofiel verstaan.