Hulle het die eierselle en sperm gebruik van ’n bedreigde soort Europese donkie wat van diere uit verskillende dele van Spanje ingesamel is. Die volgende stap is om die embrio in ’n geskikte dier oor te plant, sê dr. Andres Gambini in ’n verklaring deur die universiteit.
Die embrio word tans in vloeibare stikstof gevries en in ’n laboratorium in Spanje bewaar. Gambini hoop dat ’n soort “gevriesde dieretuin” of genetiese embriobank vir donkies wêreldwyd weldra geskep kan word om sodoende met hul bewaring te help.
“Sewe van die 28 soorte makgemaakte Europese rasse word kritiek bedreig, en nog 20 word bedreig.” In 2020 was sy span die eerste wat ’n sebra-embrio danksy kunsmatige bevrugting kon skep. Hy sê in vergelyking met perde was die werk met donkies heelwat moeiliker.