Sy Black Mamba-stoetery kon vanjaar pronk met die derde beste Angus ter wêreld én nog ’n koei in die eindronde van die gesogte Angus Miss World-kompetisie in Texas, Amerika. Nie sleg vir ’n naweekboer sonder grond nie . . . Black Mamba Nelene, een van Jaco se nege beeste, het geseëvier as kampioen in die Angus Miss Asia/Africa-stryd, ’n internetkompetisie wat die gerekende teler en oud-Suid-Afrikaner PJ Budler reël.
Sover bekend is Jaco die eerste teler ter wêreld wat ’n rooi én ’n swart koei in die eindronde het. Black Mamba Leah was derde in die Miss Asia/Africa-stryd. “Die Angus se genepoel in Suid-Afrika is groot en puik teelmateriaal is beskikbaar – dit was die beesras vir my.”
“Ek wil heeltyd puik diere teel en stel nie belang in uitskieters se buitengewone, dikwels eenmalige, prestasies nie.