AFGRI
BEAN
08 Des
-
7536
0,00
CORN
08 Des
-
3732
0,00
SOYA
08 Des
-
7630
0,00
SUNS
08 Des
-
11400
0,00
WEAT
08 Des
-
6192
0,00
WMAZ
08 Des
-
3531
0,00
YMAZ
08 Des
-
3800
0,00
AMT
Beeste A2/3
26 Nov
-
54,24
-0,63
Beeste AB2/3
26 Nov
-
52,63
0,45
Beeste B2/3
26 Nov
-
50,32
0,23
Beeste C2/3
26 Nov
-
47,11
0,09
Bevrore Hoender
26 Nov
-
28,88
0,13
Bokkies (onder 30 kg)
26 Nov
-
62,18
-0,18
Bokooie
26 Nov
-
45,29
4,41
Groot (meer as 40 kg)
26 Nov
-
45,42
4,21
Hoender (IQF)
26 Nov
-
27,42
0,12
Medium (30-40kg)
26 Nov
-
57,4
8,84
Pork Average
26 Nov
-
28,41
-0,07
Poultry Average
26 Nov
-
28,82
0,11
Skaap A2/3
26 Nov
-
85,3
-0,27
Skaap AB2/3
26 Nov
-
76,69
-0,67
Skaap B2/3
26 Nov
-
72,23
-0,44
Skaap C2/3
26 Nov
-
69,96
-0,48
Speenkalf
26 Nov
-
41,14
-0,16
Spekvarke
26 Nov
-
29,41
0,01
Stoorlammers
26 Nov
-
44,39
0,84
Varkwors
26 Nov
-
23,5
0,04
Vars Hoender
26 Nov
-
30,18
0,10
Vleisvarke
26 Nov
-
28,44
0,06
Wol (skoon)
26 Nov
-
175,29
-0,07

KZN-veeprodusente senuagtig oor brucellose

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Liza Bohlmann
Foto: Liza Bohlmann
KwaZulu-Natalse veeprodusente is uiters bekommerd oor die skerp toename in brucellose in die provinsie.

Veeboere reg oor KwaZulu-Natal is op hul hoede aangesien die hoogs aansteeklike en potensieel ekonomies verwoestende bakteriese siekte brucellose glo oor die provinsie versprei. Wat hierdie groot bedreiging vererger, is berigte dat die regering se vermoë om dieregesondheidskwessies te bestuur is klaaglik onvoldoende, dat die reeks entstowwe ernstig beperk is en dat talle veeboere weens die onvoldoende toepassing van biosekerheid ook skuld dra vir die verspreiding van hierdie siekte.

’n Private veearts in KZN wat nou saam met die veesektor werk, wat nie sy naam genoem wil hê nie, bestempel die faktore wat bydra tot die verspreiding van brucellose in KwaZulu-Natal as die spreekwoordelike “perfekte storm”.

Die veearts sê slegs staatslaboratoriums mag monsters vir hierdie siekte toets. ’n Ernstige gebrek aan hulpbronne bestaan egter vir dié dienste, asook die wyer dieregesondheidsbestuurstelsels en -prosesse van die regering. Dit lei tot ’n agterstand in die toetsing vir brucellose, en positiewe gevalle wat nog nie amptelik gediagnoseer is nie, kan intussen die siekte na ander diere versprei. Die dieregesondheidsdienste van die staat en private sektor word derhalwe saam met vee-eienaars op die agtervoet gehou.

“As ons ooit vordering met die bekamping van brucellose wil maak, moet die staat baie van sy huidige verantwoordelikhede oor die siekte aan die private sektor afstaan. Ons kan nie aanhou reaktief wees nie. Wette moet ook verander word sodat die S19-brucellose-entstof ingevoer of deur plaaslike private maatskappye vervaardig kan word. Onderstepoort Biologiese Produkte (OBP) is nie in staat om deurlopend voldoende hoeveelhede van hierdie entstof te vervaardig en te verskaf nie.”

Mnr. Angus Williamson, voorsitter van die Rooivleisprodusente-organisasie in KZN en self ’n veeboer, is bekommerd dat bekampingsmaatreëls vir brucellose “skynbaar na die kant van die pad gegly het”. Weens ’n tekort aan staatsveeartse en diptenkinspekteurs word beeste dikwels verkoop en vervoer sonder dat hul eers getoets en gesertifiseer is as vry van brucellose en tuberkulose.

Hy sê aangesien OBP se S19-entstof dikwels nie beskikbaar is nie, moet boere die RB-51-entstof gebruik wat aansienlik duurder is en skraagdosisse vereis.

“Brucellose is nou in vleisbees- en melkkuddes oral in KwaZulu-Natal. Die RPO in KZN is baie bekommerd oor hierdie probleem. Veeprodusente moet verseker dat ons biosekerheid en naspeurbaarheid tot in die hoogste graad nagekom word. Hierdie dinge, insluitend inenting, moet gedoen word.”

Landbouweekblad se internetnavorsing het bevind dat OBP se S19-entstof (25 dosisse) ongeveer die helfte van die prys van RB-51-entstof (25 dosisse) kos.

Staatskennisgewing R2026 van 1986-09-26 vereis dat alle verse tussen vier en agt maande oud teen brucellose ingeënt moet word.

Die private veearts sê sodra brucellose op ’n eiendom was, sal dit waarskynlik 'n moeisame en duur onderneming wees om dit uit te roei. Hierdie siekte het 'n reeks ernstige gesondheidsimpakte, kan vroulike én manlike diere besmet, en is oordraagbaar tussen spesies, insluitend mense.

Die KZN RPO en MSD Dieregesondheid gaan ’n inligtingsvergadering oor KwaZulu-Natal se brucellose-bedreiging aanbied. Datum: 23 November. Tyd: 15:00. Plek: Nottingham Road Boeresaal.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
15.75
+0.6%
Rand - Pond
20.85
+0.7%
Rand - Euro
17.87
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.31
-0.2%
Rand - Jen
0.14
+0.7%
Goud
1,785.78
+0.1%
Silwer
22.48
-0.1%
Palladium
1,857.56
+0.2%
Platinum
962.50
+0.5%
Brent-ruolie
75.44
+3.1%
Top-40
65,993
-0.8%
Alle aandele
72,404
-0.7%
Hulpbronne 10
68,624
-2.2%
Industriële 25
95,800
-0.2%
Finansiële 15
14,289
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
If we want to or need to meet someone,, we wiil have to message that unknown someone.
Ek sal myself beskryf as 'n eerlike, opregte mens. Ek is 'n goeie luisteraar en ek kan ook goeie raad uitdeel. I'm a dreamer, ek jaag my drome na. Ek hou van...
Kom ons mqak n great lewe saam
Eks baie oulike eerbaar avontuur mense hou van buite lower stan by my ek sal by jo staan via angel kamp jag en per ry
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot