Groter troppe, waar groepsdruk hoog gehou word, is die geheim vir die welslae van die Exteen Ngunistoetery net buite Piketberg. Vir die eienaar, mnr. Hannes Eksteen, bepaal die aantal diere die inkomste, nie die grootte van diere nie en daarvoor is vrugbaarheid en langlewendheid die heel belangrikste eienskappe.
“In groter troppe, waar natuurlike groepsdruk vinnig die sterker, meer geharde beeste van die swakker beeste onderskei, kan jy goeie genetiese vordering maak. Omdat ek teel vir vrugbaarheid en langlewendheid, maar my koste so laag moontlik wil hou en dus van die veld af boer, moet ek beeste teel wat deur die moeilike tye steeds presteer.”
“Ongeag of dit ’n droë of goeie jaar is, beraam hy gedurig planne om die gehardste koeie uit te soek. In groter troppe is dit die beeste wat eerste by die beste kos uitkom en dan daardie kos die doeltreffendste gebruik, wat bo die res uitstyg,” verduidelik Hannes.