
'n Kursus - "Kleinveeboerdery: Van konsepsie tot verkoop" - word op 29 en 30 Mei 2013 by Cahi-landbou se veilingsentrum by Tarlton in Gauteng aangebied. Die kursus is gerig op skaap- en bokprodusente en praktiese demonstrasies maak deel uit van die leerskool, geborg deur Kejafa Knowledge Works.
Die program
Op dag een word die volgende onderwerpe behandel: Hantering, toerusting, weiding, aankoop van diere, vervoer van diere, teling, reproduksie en die grootmaak van lammers. Die dag word afgesluit met skemerkelkies en ‘n heerlike braai met skaapgeregte. Die nuwe boek Boer met kleinvee word ook bekendgestel. Van die sprekers op dag een sluit in mnr. Leon Kruger en prof. Chris Dannhauseren.
Op dag twee word gekyk na die volgende: Siektes, verstaan van medisyne (voorkoming), bemarking en vleisprysindekse, hoe gemaak by die veilingskraal, skaapvoerkrale, voeding, boekhouding en belasting. Van die sprekers op dag twee sluit in mnre. Peter Milton (Mildex) en Charlie Churr en Marius du Plooy (Van Schalkwyk en Vennote). Hoe werk dit?
Die koste van die kursus R1 800.00 per persoon, en dit sluit alle etes in. Slaapplek kan ook gereël word.
Die sluitingsdatum vir belangstellendes is 24 Mei 2013 en betaling bespreek deelnemers se plek. Goeie afslag op hulpbronne om kleinveepraktyke te ondersteun is ook beskikbaar. Die kursus gaan op DVD opgeneem word en sal te koop aangebied word vir enige belangstellendes wat nie die kursus kan bywoon nie. Kontak Isak om jou plek te bespreek en vir meer inligting. Telefoon: 011 025 4388; e-pos: kejafa@mweb.co.za.