Die hoë heersende pryse vir lusernhooi kan aan ’n sameloop van omstandighede toegeskryf word.
Volgens GWK, een van die voorste uitvoerders van lusernhooi, het die prys gestyg as gevolg van die groot internasionale vraag, ’n styging in die wêreldprys van lusern en die verswakking van die rand-dollarwisselkoers.
’n Groot deel van GWK se lusernverkope is aan die buiteland waar GWK sedert 2012 verskeie uitvoerkanale vir boere geskep het.