Envarto se nuwe kuilvoermiddel SiloSolve™ FC (reg.nr. V26409) is ’n bakteriese inokulant wat die preservering en aërobiese stabiliteit in die kuilvoerbunker skep en voorkom dat die kuilvoer bederf. Sodoende bevorder dit die aërobiese stabiliteit en herwinning van droëmateriaal.
Die kuilvoer kan ná van net sewe dae aan diere gevoer word en bly vir langer tydperke vars. Die middel bevat Lactobacillus buchneri L1819 en Lactococcus Lactis O-224 (bekend as Oxcycap-tegnologie).
Hierdie nuwe kombinasie maak ’n anaërobiese toestand in ’n japtrap moontlik en verbeter fermentering om gis- en swamgroei te verhinder.