Ons het ’n Boerboel-Rottweiler-kruising van omtrent sewe weke oud. Vandat sy van haar ma weggevat is, het sy ’n loopmaag ontwikkel. Wat kan ek vir haar gee om die spoeling te stop? Is dit moontlik dat die verskuiwing van een gebied na ’n ander die oorsaak kan wees? Kan dit wurms wees? Op watter ouderdom moet hondjies hul eerste inenting kry?
Diarree kom algemeen voor met die skielike verandering van ’n hond se rantsoen. Die hond se rantsoen moet verkieslik stelselmatig oor ongeveer twee weke verander word.
Ek is egter bekommerd dat die hondjie al sewe weke oud is en nog geen inenting gehad het nie. Honde moet verkieslik op 6, 9 én 12 weke ingeënt word. Daar is nou selfs entstowwe beskikbaar wat dit moontlik maak om honde teen hondesiekte en katgriep in te ent op vier weke.