’n Veel vinniger en makliker toets, soortgelyk aan ’n tuisswangerskaptoets, is volgens navorsers van die Cornell-universiteit in Amerika nou beskikbaar.
Hul Rheolex-stelsel kan die vrugbaarheidsvlakke van bulle binne vyf minute meet. Inligting oor dié toets het in die wetenskapvaktydskrif Lab on a Chip verskyn. “Met hierdie metode kan beter seleksie en teling van bulle en koeie toegepas word.
Dit sal omgesit word na produkte van ’n hoër gehalte en kwantiteit, soos melk en vleis,” sê prof. Alireza Abbaspourrad van die universiteit in ’n verklaring op ScienceDaily.com.