Vir die doel van hierdie skrywe skets ek die slegste moontlike scenario, asook voorstelle om dit aan te pak. Volgens die nasionale veestatistieke (Februarie 2020) is daar tans sowat 22 miljoen skape in Suid-Afrika (veegetalle word aangedui as vroulike aanteeldiere).
Dit is die amptelike veegetalle in die land, en die ware prentjie kan weens die voortslepende droogte waarskynlik drasties anders lyk (heelwat minder diere).
Kom ons sê dit is tans 40% minder, met ander woorde nie-amptelik sowat 13,2 miljoen vroulike diere wat jaarliks sowat 80% lammers speen vanweë roofdierverliese en ander faktore.