Charné Kemp se berigte oor die Land Bank-likwidasies (waaronder “Likwidasies en sekwestrasies: Noord-Kaapse boer wat R80 miljoen skuld, het vrae oor wetgewing”, LBW, 25 Augustus 2022) het betrekking. Niemand sal kan aangaan net met die opskorting van bankskuld nie.
My voorstel is: Kry medeboere of beleggers om skape te voorsien vir opbrengs om die helfte vir ’n tydperk van drie jaar. ’n Eenvoudige som is aanteel gedeel deur twee. Dit is ’n rendement van ongeveer 30% op jou belegging teen ’n lam-syfer van 90%.
Help die arme manne só om op hul voete te kom en nie net nóg skuld moet aangaan nie. Beeste kan op dieselfde manier werk, maar siende dat dit Karooplase is wat ter sprake is, is skape die vee waarmee daar geboer word.