AFGRI
BEAN
08 Jun
-
9563
0,00
CORN
08 Jun
-
4593
0,00
SOYA
08 Jun
-
7646
0,00
SUNS
08 Jun
-
8300
0,00
WEAT
08 Jun
-
6613
0,00
WMAZ
08 Jun
-
3658
0,00
YMAZ
08 Jun
-
3734
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
26 Me
-
172,55
5,11
Ave Wool - RWS
26 Me
-
189,51
7,15
Beeste A2/3
26 Me
-
53,82
0,82
Beeste AB2/3
26 Me
-
52,28
0,50
Beeste B2/3
26 Me
-
48,03
-0,68
Beeste C2/3
26 Me
-
45,86
0,77
Bevrore Hoender
26 Me
-
34,01
-1,25
Bokkies (onder 30 kg)
26 Me
-
55,19
1,47
Bokooie
26 Me
-
38,71
-2,84
Groot (meer as 40 kg)
26 Me
-
40,79
-0,03
Hoender (IQF)
26 Me
-
33,04
-0,01
Medium (30-40kg)
26 Me
-
51,26
2,05
Pork Average
26 Me
-
29,59
0,40
Poultry Average
26 Me
-
33,71
-0,64
Skaap A2/3
26 Me
-
84,64
-3,90
Skaap AB2/3
26 Me
-
76,6
7,69
Skaap B2/3
26 Me
-
58,23
-2,52
Skaap C2/3
26 Me
-
57,02
-0,39
Speenkalf
26 Me
-
31,04
0,93
Spekvarke
26 Me
-
30,9
0,87
Stoorlammers
26 Me
-
42,28
0,90
Varkwors
26 Me
-
24,66
-0,30
Vars Hoender
26 Me
-
34,07
-0,69
Vleisvarke
26 Me
-
29,47
0,36
Deel

Merino-musketiers verower die land

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Brolloks, Bittergal en Brakanjan, die drie Merino-stoetramme wat die land gesien het. Foto: Facebook/Konsortium-Merino
Brolloks, Bittergal en Brakanjan, die drie Merino-stoetramme wat die land gesien het. Foto: Facebook/Konsortium-Merino
Die mees berese skape in Suid-Afrika...

Brolloks, Bittergal en Brakanjan is waarskynlik die mees berese skape in Suid-Afrika. Saam het die drie Merino-musketiers die afgelope maand meer as 9 000 km afgelê toe hulle 40 dorpe besoek het as deel van ’n bemarkingstoer saam met mnr. Gawie van Heerden, uitvoerende direkteur van Konsortium-Merino. Die drie stoetramme het boere se harte gesteel sover as wat hulle gegaan het en op Facebook het verskeie mense die toer se vordering daagliks dopgehou en dit baie geniet om die drie musketiers se interaksie met boere te volg.

“My ma sê vanoggend dis net ek wat soveel moeite sal doen vir ’n skaap, want sy glo niemand het daardie passie soos ek nie,” vertel Van Heerden in Bloemfontein, waar die toer die naweek ten einde loop. Hy vertel die reis deur Suid-Afrika se skaapwêreld het “dubbel beter” verloop as wat hy verwag het. Op dié wyse kon hy by boere uitkom wat nog nie voorheen Konsortium-Merino se geharde, veldaangepaste skape van naderby kon leer ken nie.

Gawie van Heerden, Konsortium Merino
Mnr. Gawie van Heerden, uitvoerende direkteur van Konsortium Merino wys op Trompsburg hoe een van die ramme se wol lyk. Foto: Facebook/Konsortium Merino

Die diere word geteel met die doelwit om vir die kuddeboer geld te maak en Van Heerden glo daar is nie ’n beter ras as ’n Merino om dít reg te kry nie. “Ons wou wys dis nie ’n beteuterde skaap wat net kan wol dra en nie droogtes kan deurstaan nie. Ons het oor die jare bewys die Merino is by uitstek die ras wat konsekwent is in alle omstandighede om goeie vleis én goeie wol te kan lewer.”

As Karooboer ken Van Heerden droogtes. “Ons het nou al sewe jaar droogte gehad, en dit maak jou nederig. Die grootste les is dat jy ’n droogte nie sal oorleef sonder ’n veldaangepaste dier nie. Ons moet dat Moeder Natuur vir ons die diere klas, nie ’n mens se oog nie.”

Konsortium-Merino’s verkoop deesdae 30% van die Merino-ramme in Suid-Afrika, dis meer as duisend ramme per jaar. Die ramme ondergaan ’n streng seleksieproses voor veilings en word slegs die laaste vier weke voor ’n veiling met voer afgerond, sodat kopers nie sukkel om hulle dadelik in die veld te stoot nie.

Brolloks, Bittergal en Brakanjan sal van volgende maand af ook weer ’n slag in die veld kan gaan uitspan ná hul avonture op die lang pad. Hulle word Saterdagoggend op ’n aanlyn veiling van SwiftVee verkoop. Of Van Heerden ook gaan rus na dié maratontoer, is egter te betwyfel. “Ander ouens vang vis, speel gholf of kyk rugby, maar ek lééf skape.”
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Landbou Veilings

Landbou Veilings bied 'n geleentheid aan boere én veilingskliënte om veilings te bemark en te soek na inligting oor omliggende veilings.

Lees hier
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.90
-0.3%
Rand - Pond
23.71
-0.2%
Rand - Euro
20.37
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.66
-0.0%
Rand - Jen
0.14
-0.0%
Platinum
1,013.13
-0.8%
Palladium
1,365.13
-2.1%
Goud
1,963.16
-0.1%
Silwer
24.25
-0.1%
Brent-ruolie
75.96
-1.3%
Top-40
71,696
0.0%
Alle aandele
77,015
0.0%
Hulpbronne 10
69,197
0.0%
Industriële 25
103,427
0.0%
Finansiële 15
15,546
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Glimlag en voed jou Siel.
As jy nog opgewonde is oor die lewe, aktief is en lief is vir jouself, moet ons ontmoet. Ek is afgetree maar doen nog kontrak werk. Ek is redelik aktief. Ry gereeld fiets. Stel...
Kom ons ry die sonodergang in
Ek is n vriendelike mens en gee te veel om. Hou van dans. Baie onafhanklik. Is meetal easy going en hou van avonture jy hoef nie ryk te wees om my te bederf nie briefies en...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot