AFGRI
BEAN
02 Jun
-
9580
0,00
CORN
02 Jun
-
4677
0,00
SOYA
02 Jun
-
7767
0,00
SUNS
02 Jun
-
8137
0,00
WEAT
02 Jun
-
6670
0,00
WMAZ
02 Jun
-
3681
0,00
YMAZ
02 Jun
-
3802
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
19 Me
-
172,55
7,70
Ave Wool - RWS
19 Me
-
189,51
9,36
Beeste A2/3
19 Me
-
53,82
53,82
Beeste AB2/3
19 Me
-
52,28
0,49
Beeste B2/3
19 Me
-
48,03
-0,79
Beeste C2/3
19 Me
-
45,86
0,34
Bevrore Hoender
19 Me
-
34,01
-1,54
Bokkies (onder 30 kg)
19 Me
-
52,68
-2,51
Bokooie
19 Me
-
40,2
1,49
Groot (meer as 40 kg)
19 Me
-
45,36
4,57
Hoender (IQF)
19 Me
-
33,04
-0,30
Medium (30-40kg)
19 Me
-
48
-3,26
Pork Average
19 Me
-
29,59
0,13
Poultry Average
19 Me
-
33,71
-0,90
Skaap A2/3
19 Me
-
84,64
0,30
Skaap AB2/3
19 Me
-
76,6
10,52
Skaap B2/3
19 Me
-
58,23
-1,47
Skaap C2/3
19 Me
-
57,02
0,77
Speenkalf
19 Me
-
31,04
1,22
Spekvarke
19 Me
-
30,9
0,85
Stoorlammers
19 Me
-
42,28
0,34
Varkwors
19 Me
-
24,66
0,20
Vars Hoender
19 Me
-
34,07
-0,87
Vleisvarke
19 Me
-
29,47
0,05
Deel

Merino’s teel vooruit met tropstelsel

akkreditasie
Merino-ooie en lammers by bale ruvoer wat in die lamtyd tot die skape se beskikking is. Danksy ’n stelsel van troppe en groepe verloop die bestuur seepglad en die speenpersentasie het bly verbeter. Foto’s:  Charl  van  Rooyen
Merino-ooie en lammers by bale ruvoer wat in die lamtyd tot die skape se beskikking is. Danksy ’n stelsel van troppe en groepe verloop die bestuur seepglad en die speenpersentasie het bly verbeter. Foto’s: Charl van Rooyen
’n Groot Merino-boerdery in die Langkloof-vallei het sy bestuur en produktiwiteit baie verbeter deur ’n trop- en kampstelsel vir sy sowat 6 000 ooie in te stel. Dit het sy stertafpersentasie tot 133 laat styg. Mnr. Pieter Reynolds, wat in beheer van Langkloof-plase se wolskaapboerdery is, werp lig op die stelsel se pluspunte.

Dis net ooie en lammers waar jy kyk as ’n mens by Langkloof-plase in die Langkloofvallei tussen Uniondale en Oudtshoorn aankom. Oral is werkers wat met rekordhouding en ander dagtake aan die voet van die Outeniquaberg besig is.

Langkloof-plase het twee jaar gelede ontstaan toe mnre. Saag Jonker en Piet Schoeman besluit het om saam te werk en ’n groot deel van elkeen se boerdery in die Langkloof-vallei in een groot boerdery saam te voeg. (Sien ook “As twee volstruisreuse saamsmelt”, LBW, 23 Julie 2020.)

Die Merinoboerdery met 6 000 ooie is ’n klein deel van ’n boerdery wat oor 21 000 ha strek en volstruise, Angoras, Dorpers en Bonsmara-tipe vleisbeeste insluit. Schoeman het die afgelope twee dekades tot een van die voorste volstruisboere in Suid-Afrika gegroei.

Jonker is ’n voormalige SA Boer van die Jaar en in beheer van die Saag Jonker-groep se bedrywighede in en om Oudtshoorn, wat hoofsaaklik die volstruisbedryf en ’n beesboerdery behels. Schoeman en Jonker, asook Jonker se seuns, Hein en Morné, is die direkteure en mnr. Uys Tomlinson is die hoofbestuurder.

Merino-boerdery

Mnr. Pieter Reynolds bestuur Langkloof- Merino’s. Die ooie is in 12 troppe van gemiddeld 450 ooie elk verdeel. Hy volg ses dek- en lamtye met ongeveer 900 ooie. Die ooie lam gedurende Maart, April en Mei en gedurende September, Oktober en November. Ter wille van siektebekamping, veral kriptosporidiose wat in ’n boerderystelsel kan uitbreek, lam twee troppe ooie deur die jaar per kamp. Dus staan elke kampe vir vier maande leeg.

Biosekerheid is ’n belangrike manier om veesiektes te voorkom. Elke lamstelsel van 450 ooie is in 10 tot 15 groepies van 30 tot 40 ooie ingedeel. Die ooie kry net twee hittesiklusse om dragtig te raak. ’n Dekseisoen duur 34 dae en dié wat dragtig raak, lam dus oor ’n tydperk van 34 dae. Sowat 70% van die ooie raak gedurende die eerste siklus dragtig. “Dit vergemaklik die bestuur as die meeste ooie gedurende die eerste siklus dragtig raak, wat op ’n hoë vlak van vrugbaarheid dui.”

Elke trop ooie bly vir die vyf weke in ’n kampe totdat almal klaar gelam het. Dan gaan hulle terug na hul oorspronklike lamstelsel van 450 ooie. Ter wille van kontinuïteit koop hulle 90% van hul ramme by mnr. Eddie Prinsloo, bekroonde Merino-boer van die Heuningkrans-stoetery by Smithfield en voormalige SA Boer van die Jaar.

Merino’s in ranteveld in die Langkloof. Die oogmerk is om vrugbare, geharde skape te teel wat oral aanpas.

Speensyfer verhoog

Ses tot sewe weke ná lam (dus voor paartyd) word elke ooi se uier ondersoek. Dié met knoppe en bederfde uiers word nie weer gepaar nie, asook ooie wat lammers in die lamkampe verloor het. “ ’n Ooi wat nie melk het nie, het nie ’n lam nie en sy word uit die groep gehaal. Só word swak moeders en ooie met klein bekkenbene uitgeskakel om vrugbaarheid te verhoog.”

Hierdie uitskotooie word aan slagters verkoop. Reynolds gebruik hierdie inspeksiestelsel die afgelope vyf jaar en dit het die speensyfer met sowat 3% verhoog. Hy meet ook die stertafpersentasie (wanneer die lammers se sterte op ses weke afgesit word) wat normaalweg 133 beloop.

Lamverliese is grootliks weens algemene siektes, diefstal en jakkalse wat verlede jaar saam R161 000 beloop het. Jakkalse was vir 2,3% van die 6% verliese verantwoordelik en word deur beroepsjakkalsjagters bekamp.

Speen vroeg

Die lammers is aanvanklik op ses maande gespeen, maar deesdae op 3,5 tot 4 maande danksy die verbetering van ooiteelmateriaal met seleksie en voeding. Terwyl die ooie op die veld is, kry hulle 300 gram mielies per dag totdat die lammers gespeen is. Dit help om die lammers vinniger te laat groei en speen om hulle gouer vir die plaas se voerkraal gereed te maak. Daar word hulle vir 35-40 dae afgerond en na ’n abattoir gestuur wanneer hulle 42-45 kg weeg.

Die boerdery het nóg ’n Merino-ooikudde wat deur Dormer-ramme gedek word om die voordeel van basterkrag te benut. Die laaste groep rasegte Merino-lammers het met speen egter gemiddeld slegs 280 gram minder as die kruislammers geweeg. Reynolds sê dit bewys hoe die Merino se vleiseienskappe verbeter het.

Besig om ramme te selekteer. Van links is mnre. Uys Tomlinson, hoofbestuurder van Langkloof-plase, Eddie Prinsloo, eienaar van Heuningkrans-Merino’s by wie hulle ramme koop, en Pieter Reynolds, bestuurder van die Merino-kudde.

seleksie van ooilammers

Ses tot sewe weke ná dektyd word die ooie ultrasonies vir dragtigheid geskandeer. Dié wat nie dragtig is nie, word geslag. Ná speen gaan almal vir 21 dae na die voerkraal waar hulle voerkorrels kry om speenskok te bowe te kom. In dié tyd raak Reynolds ontslae van ooitjies met ooglopende foute, soos ’n skewe kakebeen of swak wol. Hulle word afgerond en geslag.

Voordat die ramme by die ooie kom, kyk hy ook na die ouer ooie se tande sodat dié met verslete tande geslag kan word. Ná die eerste seleksie in die voerkraal word die jong ooie geskeer sodat mnr. Cassie Carstens van The House of Fibres (lid van die BKB-groep) seleksie op bouvorm kan doen. Die ooie met ’n ongewenste bouvorm word afgerond en geslag.

Wanneer die ooie wat die eerste twee seleksies geslaag het, weer vyf-en-’n-half-maandewol het, word die wol geklas. Weer word die ooie met swak wol afgerond en geslag. Die ooitjies wat al drie seleksie geslaag het, gaan na die ooikudde. Daar doen die ram ook sy seleksie. Die jong ooie wat nie dragtig word nie, word geslag; ook die ouer ooie.

“Die gedagte met hierdie streng seleksie is om net produktiewe ooie te behou wat ’n inkomste lewer. Ons vestig op hierdie wyse ’n handelsmerk van vrugbare Merino’s. Ons het ook die soort ramme geïdentifiseer wat die beste by ons teelbeleid pas sodat ons eenvormig kan teel en gebruik dus grootliks Eddie Prinsloo se Heuningkrans-ramme. Só wil ons ’n Merino-kudde van hoogstaande gehalte teel,” verduidelik Reynolds.

Die seleksie vir die ramlammers geskied op dieselfde tye en volgens soortgelyke riglyne as die ooitjies, maar hy behou net sowat tien ramme as kudderamme. Die Dormerramme wat vir kruisteling met die Merino-ooie gebruik word, se lammers is terminale kruisings wat almal geslag word.

Langkloof-plase volg ’n normale stelsel vir dieregesondheid. Die ramme word een keer per jaar vir vrugbaarheid en geslagsiektes getoets. Die semen en bloed word deur ’n veearts getrek en ontleed.

’n Heuningkrans-ram besig om een van Langkloof-boerdery se ooie te dek.

Goeie voervloei

Die voeding bestaan uit voervlakke. Die beste kos is vir die ooie wat in produksie is. Die volgende voervlakke in dalende orde van waarde is vir die ooie wat by die ramme loop, droë ooie en jong ooie. Twee weke voor lamtyd word die dragtige ooie na lamkampies sonder weiding geneem waar hulle 2 kg voer bestaande uit lusern, koringstrooi, Meester20, gebreekte mielies, deurvloeiproteïen en melassestroop (om die droë voer te bind) per ooi kry.

Hulle het onbeperkte toegang tot hawer- of strooipitbale. Die boerdery beoog om weiding onder besproeiing in die kampies te vestig.

Nadat hulle gelam het, gaan hulle na die lande met droëlandlusern waar hulle bykomend heel mielies kry as dit reeds gereën het. As dit nog nie gereën het nie, gaan hulle veld toe waar hulle heel mielies en hooi kry. Nadat die lammers gespeen is, word die ooie na kampe met veldweiding geneem waar hulle gedek word.

Die veegrond op die plaas bestaan uit 60% droëlandlusern, hawer en gars, en 40% veldweiding wat stelselmatig onder droëlandlusern gevestig word. Dit wat hulle as veld beskou, is eintlik ou saailande waar Eragrostis, vleipolgras, eenjarige raaigras, serradella en kweek weer vanself gevestig het.

Ooie in een van die kampies waar hulle lam en die eerste ses weke van die lammers se leeftyd bly.

Haarfyn bestuur

Volgens Reynolds is hul oogmerk om die speengewig, wol en voeromsetting te verbeter en oor sowat vyf jaar hul eerste produksieveiling te hou met topgehalte diere wat oral sal aanpas.

Hy sê die Langkloof stel hulle in staat stel om ’n eksklusiewe produk te teel, naamlik rasegte Merino-ooie wat 75-80 kg weeg, wat puik is omdat die inkomste uit vleis 66% beloop en die res uit wol is. “Ons het dus ’n soort skaap met ’n groot bouvorm en moet nou die res verbeter, naamlik wol en voeromsetting. Ons konsentreer dus op vrugbaarheid en melk en teel met ramme wat die wol verbeter. Die res is in ons hande, naamlik goeie bestuur.”

Daarvoor pas die boerdery baie goeie rekordhouding toe. Elke werker bestuur sowat 12 kampies en het ’n knipbord met ’n vorm met 30 bestuursaspekte. Elkeen moet daagliks afgemerk word, soos geboortes (soggens en saans), toesighouding oor elke ooi wat besig is om te lam, en meerlinge. Elke ooi met ’n drieling word ná die geboorte afsonderlik in ’n lamhokkie gehou. Daar is met elke lamseisoen 28-30 drielinge per lamtrop van 450 ooie, wat aandui hoeveel die vrugbaarheid verbeter.

Werkers ontvang ’n bonus vir werk van ’n goeie gehalte. Elkeen begin die jaar met 49 punte. Punte word bygetel vir goeie werk of afgetrek vir swak werk. Hy moet die jaar met 50 punte of méér afsluit om vir ’n bonus in aanmerking te kom. Die bonus word ook op die stertafsitpersentasie gegrond. ’n Werker kry R250 vir elke 1% bokant 120% waarop sy trop ooie eindig.

Mnr. Pieter Aucamp, BKB se skaap-en-wolraadgewer op George, help die Saag Jonker-groep sedert 2000 met die seleksie van sy Merino’s. Hy het raad gegee met die aankoop van ramme. Die eerste ramme is in 2005 op die Poenskop-Merinoveiling in Bloemfontein aangeskaf, waaronder Heuningkrans-ramme en later regstreeks op Prinsloo se twee jaarlikse produksieveilings op sy plaas by Smithfield. “Ons het in die seleksie veral op ’n balans tussen wol en vleis gekonsentreer, waarvoor bouvorm belangrik is, asook aanpasbaarheid wat die gevolg van gehardheid is. Die reproduksie het ook baie verbeter.”

Navrae: Mnr. Pieter Reynolds, 073 719 7868.

Kombineer Merino’s met ander vertakkings

Die belangrikheid om verskillende, uiteenlopende bedrywe by ’n boerdery in te sluit en dit boonop met Merino’s te kombineer wat sélf twee inkomstebronne het, is tydens die afgelope tyd se lands- en boerderykrisisse beklemtoon.

In die Langkloof-vallei tussen Uniondale en George is daar ’n hand vol boere wat verskeie dinge gemeen het: Hulle boer digby mekaar met geharde Merino’s, koop hul ramme by dieselfde voorste teler, mnr. Eddie Prinsloo van Heuningkrans-Merino’s by Smithfield, wat gehardheid en vrugbaarheid hoog aanslaan, en kombineer hul skaapboerderye met verskillende ander bedrywe om die risiko’s en inkomstebronne te versprei.

Dié beleid het sy waarde die afgelope tyd te midde van die droogte, bek-en-klouseer, die Covid-19-pandemie en papperige ekonomie beklemtoon. Merino’s, beeste en vrugte.

Mnr. Cavert Barkhuizen van Aorta-boerdery boer die afgelope 15 jaar op die plaas Dieprivier. Sy Merino-kudde van 450 ooie is vir slaglamproduksie en wol. Hy gebruik twee dekseisoene, probeer om drie lammers in twee jaar van ’n ooi te kry en behaal ’n lamsyfer van 132%. Die slaggoed word deur agente en Roelkor op George bemark.

Een van die ooie met ’n tweeling. ’n Aantal ooie kry ook drielinge.

Jong ooilammers word op 5-6 maande, weer op 16 maande en daarna jaarliks geklas om net die bestes te behou. Die skape word in Maart en September deur BKB se skeerdiens geskeer en die wol word ook deur dié maatskappy bemark. Die verkoop van slaglammers sorg vir 60% van die inkomste uit ’n skaap, terwyl die wol vir die oorblywende 40% inkomste sorg.

Barkhuizen se Merino’s sorg vir 50% van die boerdery-inkomste, terwyl appels vir 30% verantwoordelik is en beeste 20% bydra. Die vrugte word uit ’n fontein en boorgat besproei. “Dit is uiters belangrik om ’n boerdery te diversifiseer sodat die inkomste uit verskillende bedrywe en bronne kom.”

Daarom boer hy ook met dubbeldoelskape wat ’n inkomste uit vleis én wol verdien.

Groente, vrugte en beeste. Mnr. George van Reenen van die plaas Ganzekraal boer met kommersiële Merino’s, groente vir plaasgebruik en beeste. Die 500 ooie sorg vir die hoofinkomste, wat 70% uit vleis en 30% uit wol bestaan. Die skaapboerdery is op slaglammers en wol gemik. Hy volg twee dekseisoene. Die lamsyfer is 148% en die speensyfer 142%.

Van Reenen bemark die wol deur BKB, wat ook sy skape skeer. Voor die lammers die eerste keer geskeer word, word die lammers geklas en dan weer voordat hulle na die ramme toe gaan. Alle skape word elke ses maande geskeer.

Hamels en vrugte. Mnr. Johan Fourie boer op die plaas Sunnyside met kommersiële Merino’s vir hamelproduksie. Hy volg twee lamseisoene, speen die lammers op vyf maande en verkoop hulle op vier jaar om ekstra waarde toe te voeg.

Hy boer ook met appels, pere en appelkose, wat die grootste deel van sy inkomste uitmaak. Die vrugte word onder besproeiing geproduseer met water uit ’n sterk boorgat in die berg wat met swaartekrag na die boorde gelei word om drupbesproeiing toe te pas.

Skape en wyn. Die Du Toit-broers se boerdery op die Du Toit-broerslandgoed word deur mnre. Gus du Toit en sy seun, Gus junior, bedryf. Hulle besit ’n kommersiële Merino-boerdery om slaglammers te teel. Hulle volg twee lamseisoene. Die ooie word deur mnr. Pieter Aucamp van BKB geklas. Die vervangingsooitjies word met speen selekteer om ouer ooie te vervang.

Die boerdery skeer sy skape elke twaalf maande. Hul ander boerderyfasette bestaan uit aartappels, uie, druiwe vir wynproduksie in hul eie kelder, beeste en lusern (droëland en besproeiing). Hulle besit ook ’n besigheid wat grondverskuiwing doen.

Kommersiële Merino’s. Mnr. James Jonker van die plaas Excelsior boer met kommersiële Merino’s en beeste en verrig ook dienste vir ontbossing en grondverskuiwing. Jonker produseer slaglammers, gebruik twee lamseisoene en skeer en bemark sy wol deur BKB. Aucamp behartig self sy klassering.

Amandels en lusern. Die inkomste van mnr. Jan Burger van die Janel-boerdery kom uit vyf bronne, naamlik Merino’s, beeste, lusern, amandels en vye. Skape sorg vir 35% van die inkomste, Bonsmaras 25%, lusern 20%, amandels 10% en vye 10%. Hy boer met 600-800 Merino’s op die plaas St. Ancothesa.

Hy het vyf dekseisoene en skeer elke ses maande. “Omstandighede het nou weer beklemtoon hoe belangrik dit is om diversiteit in die landbou te hê. “Ek het baie vertroue in boerdery met kleinvee, veral met ’n dubbeldoelras. ’n Boer het vandag geen ander keuse as om alle moontlike inkomstebronne te benut nie.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Landbou Veilings

Landbou Veilings bied 'n geleentheid aan boere én veilingskliënte om veilings te bemark en te soek na inligting oor omliggende veilings.

Lees hier
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
19.51
+0.6%
Rand - Pond
24.30
-0.0%
Rand - Euro
20.93
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.90
-0.1%
Rand - Jen
0.14
+0.0%
Platinum
1,003.50
0.0%
Palladium
1,420.36
0.0%
Goud
1,948.15
0.0%
Silwer
23.63
0.0%
Brent-ruolie
76.13
+2.4%
Top-40
71,993
+1.9%
Alle aandele
77,126
+1.7%
Hulpbronne 10
70,299
+1.9%
Industriële 25
105,036
+2.0%
Finansiële 15
14,803
+1.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wees not jou self
Down to earth. Very passionate and loving. Strait too the point, no nonsense person. Love Motorsport. Love animals. Braai and enjoy good friend's
Humble with a hint of Kanye
Ek kan braaibroodjies maak, beter braai as jy en my gedra ( so sê hulle). Ek werk hard, kan spel en is nie clingy nie. Ek sal n dic pic vra as ek een wil hê😉
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot