Toe Vaaltuin op die Arabierperd Habanero die wenstreep oorsteek, het hy geskiedenis gemaak as die eerste persoon van kleur wat dié uithourit wen.
Hy is aangewys as die algehele wenner van die rit, asook die wenner van die liggewig-kategorie. Vaaltuin en sy perd het selfs Le Roux se seun, Nico-Meyer, na wie se perde hy al die jare omgesien het, geklop.
“Dit was ’n groot oomblik en ek was baie trots op myself toe ek wen. Die medalje wat ek daarna gekry het, hang in my huis hier op die plaas, dáár by die deur waar almal dit kan sien.” Le Roux sê dit is nie maklik om in die Kammanassie-vallei te boer nie.