AFGRI
BEAN
26 Nov
-
7600
0,00
CORN
26 Nov
-
3615
0,00
SOYA
26 Nov
-
7427
0,00
SUNS
26 Nov
-
11170
0,00
WEAT
26 Nov
-
6202
0,00
WMAZ
26 Nov
-
3420
0,00
YMAZ
26 Nov
-
3651
0,00
AMT
Beeste A2/3
12 Nov
-
53,56
-0,07
Beeste AB2/3
12 Nov
-
51,91
-0,45
Beeste B2/3
12 Nov
-
49,04
-0,89
Beeste C2/3
12 Nov
-
46,15
0,38
Bevrore Hoender
12 Nov
-
29,34
0,37
Bokkies (onder 30 kg)
12 Nov
-
66,06
-1,00
Bokooie
12 Nov
-
46,92
1,10
Groot (meer as 40 kg)
12 Nov
-
39,53
-1,69
Hoender (IQF)
12 Nov
-
27,78
1,63
Medium (30-40kg)
12 Nov
-
54,15
0,97
Pork Average
12 Nov
-
27,78
-0,41
Poultry Average
12 Nov
-
29,22
0,77
Skaap A2/3
12 Nov
-
84,63
-0,14
Skaap AB2/3
12 Nov
-
75,86
0,10
Skaap B2/3
12 Nov
-
72
0,11
Skaap C2/3
12 Nov
-
69,61
-0,41
Speenkalf
12 Nov
-
40,08
-1,39
Spekvarke
12 Nov
-
29,62
0,34
Stoorlammers
12 Nov
-
45,41
-0,52
Varkwors
12 Nov
-
22,96
-0,51
Vars Hoender
12 Nov
-
30,54
0,29
Vleisvarke
12 Nov
-
27,62
-0,45
Wol (skoon)
12 Nov
-
167,2
-2,88

Miltsiekte: Uitbreking bevestig gevare by Lesotho-grens, sê VL

akkreditasie
Ter illustrasie. Foto: Liza Bohlmann
Ter illustrasie. Foto: Liza Bohlmann
Vrystaat Landbou (VL) eis dat die nasionale departement van landbou en wetstoepassers die uitbreking van miltsiekte in Lesotho met die nodige erns beskou en beslissend optree om katastrofiese gevolge vir die Suid-Afrikaanse veebedryf te voorkom. ’n Uitbreking van dié siekte is naby Maseru in Lesotho bevestig.

Mnr. Francois Wilken, voorsitter van die VL, sê die organisasie het die afgelope 15 jaar pogings aangewend om die Suid-Afrikaanse regering van die gevare by die Lesotho-grens bewus te maak.

“Dit het telkens op niks uitgeloop nie en die owerheid het weggestap van sy verantwoordelikhede om sy burgers te beskerm in situasies soos dié wat nou ontstaan.”

Hy sê die owerheid het herhaaldelik hofbevele verontagsaam. Die VL kon later nie bekostig om met hofgedinge voort te gaan nie. Nadat die jongste uitbreking bevestig is, is die tyd vir sloer en rompslomp egter verby.

“Ons eis saam met ander belanghebbendes in die vleisbedryf sterk optrede en verantwoordelikheid van die departement van landbou en wetstoepassers om die dreigende krisis met die nodige erns aan te pak.” Hy sê ’n verbod op die invoer van vee en wol uit Lesotho sal nie die probleem oplos nie.

“Groot probleme by dié grens is veediefstal en onwettige weiding van vee vanuit Lesotho. Dit moet gesamentlik deur die Suid-Afrikaanse weermag, die Suid-Afrikaanse Polisiediens en veeartse wat onder die departement van landbou resorteer, aangepak word deur die nodige skutte in plek te stel. Die meeste vee kom onwettig oor die grens en nie by wettige toegangsroetes of grensposte nie.”

’n Verdere bron van kommer vir die VL is die toename in plaasaanvalle deur Lesotho-burgers op boere in die Vrystaat, en selfs sover as die Wes-Kaap. Volgens Wilken sal die VL so spoedig moontlik dié situasie met die nodige owerheidsinstellings opper.

“Ons rig ’n versoek tot ons lede om alle toepaslike inligting aan die VL deur te gee sodat doelgerigte stappe gedoen kan word.”

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe. Volg ons op Whatsapp om daaglikse landbounuus op jou selfoon te ontvang.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.27
-1.9%
Rand - Pond
21.71
-0.0%
Rand - Euro
18.42
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.59
+0.0%
Rand - Jen
0.14
+0.2%
Goud
1,792.60
0.0%
Silwer
23.13
0.0%
Palladium
1,751.49
0.0%
Platinum
955.50
0.0%
Brent-ruolie
72.72
-11.6%
Top-40
62,411
-2.6%
Alle aandele
68,615
-2.8%
Hulpbronne 10
64,074
-2.5%
Industriële 25
92,909
-1.3%
Finansiële 15
12,995
-6.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Dalk vind ek jou - my "Droomvrou".
My eie strewe na n mens wat stabiliteit, opregtheid en lojaliteit met n positiewe en gesonde uitkyk uitstraal, moet ook vanuit jou weerspieel. Lekker ontspanne geselsskap met n...
Ek soek na jou
Ek is 'n goeie luisteraar en help graag ander mense. Ek het 'n goeie hart en wil dit graag met iemand deel wat dit sal waardeer. Ek hou van dans en spandeer baie tyd...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot