Dit bestaan uit ’n opvangskraal, drukring, drukgang, weegkrat met ’n skaal, skuifhekke, nekklamp, sorteerkrat, verstelbare laaibank en twee sorteerkrale.
Die beweging van die beeste in die kraal vloei van die opvangskraal na die drukring, waarna die forseerhek die beeste na die drukgang bring. Die forseerhek beweeg op ’n palratstelsel wat verseker dat die beeste nie kan omdraai en die hek oopstamp nie.
Die drukgang het skuifhekke wat vloeibeheer van beeste uitstekend reguleer. Die drukgang het ook ’n weegkrat. Een van die belangrikste eienskappe van die nuwe weegkrat is dat die weegbalke bo-op die weegkrat is.