Internasionale handelsmerke begin al hoe meer aandag gee aan Suid-Afrika se volhoubaar gesertifiseerde wol. Dit is hoekom die Nasionale Wolkwekersvereniging (NWKV) boere aanmoedig om hul wol te laat sertifiseer om in die groeiende vraag te voorsien.
Mnr. Leon de Beer, bestuurder van die vereniging, het op ’n onlangse NWKV-kongres gesê maatskappye soos Inditex, die moedermaatskappy van Zara (’n mededinger van H&M), het aangedui dat daar ’n al hoe groter vraag is na wol wat gesertifiseer is.
In 2019 was 5% van Intidex se aankope gesertifiseerde wol. Nou is dit 20%. Die vraag na gesertifiseerde wol het egter verdubbel van 2019 tot 2020, en was in 2021 sowat 10 keer meer as in 2019.