Die afgelope somer het heelparty boere groot skade aangemeld wat deur slakke veroorsaak is, onder meer in Mpumalanga.
Die slakke kom ewe skielik te voorskyn, maar boere kom dit nie altyd agter voor hulle met die stroper die land invaar en sien dat groot kolle geen oes sal lewer nie omdat die slakke op die jong lote en blare gevoed het.
Slakke kom onder meer by sojabone en kanola voor, maar skade word ook by druiwe aangerig.