Moderator™ (reg.nr. G4477, Wet 36 van 1947). Abamektien 0,5 is ’n maklik aanwendbare, transdermale, antiparasitiese opgietmiddel vir beeste en wildsbokke. Dit maak suigende en bytende luise dood, bestry skurftemyte, bloubosluise en horingvlieg, en help met die bestryding van meervoudige gasheerbosluise.
Elanco beklemtoon dat ModeratorTM en die ander nuwe middels aan onttrekkingsregulasies onderhewig is indien die vleis en melk vir menslike verbruik bestem is.
Dit bestry ook die volgende inwendige parasiete (rondewurms) by beeste en wild: haarwurm, bruinmaagwurm, beesbankrotwurm, haakwurm, knoppieswurm, longwurm en oogwurm. Die middel is in poliëtileenbottels van 5 liter en 20 liter beskikbaar.