Volgens OBP het omstandighede buite sy beheer meegebring dat die koueketting verbreek en die gehalte van bloedentstof benadeel is. Hy kan eers teen einde November entstof teen Asiatiese en Afrika-rooiwater en galsiekte verskaf.
Mnr. Giel Odendaal, bestuurder van ’n kommersiële kudde in Middelburg, Mpumalanga, sê hy “sukkel” vanjaar om entstof teen rooiwater en galsiekte te bekom.
Hy het in Mei vanjaar stoetbulle in die Vrystaat gekoop waar rooiwater nie voorkom nie, en die bulle was nie immuun daarteen nie. “Ons kon hulle aanvanklik teen Asiatiese rooiwater en galsiekte inent, maar die entstof teen Afrika- rooiwater is was tot nou toe nie beskikbaar nie.