Die ernstige krisis by Onderstepoort Biologiese Produkte (OBP) beteken dat verskeie entstowwe wat van deurslaggewende belang vir die lewendehawe-bedryf is, al maande lank nie vervaardig word nie.
Daar is ’n ernstige tekort aan belangrike entstowwe soos dié vir Afrika-perdesiekte, slenkdalkoors, hartwater en anaplasmose. Die afgelope tyd se baie reën kan lei tot ernstige uitbrekings van siektes, soos slenkdalkoors, waarvoor OBP die enigste entstof vervaardig.
Verskeie bronne wat anoniem wil bly, sê daar is ook kommer dat gehaltebeheer laat vaar sal word in die haas om tot elke prys nuwe entstowwe te vervaardig.