AFGRI
BEAN
31 Me
-
8440
-229,00
CORN
31 Me
-
4035
-79,00
SOYA
31 Me
-
7769
-121,00
SUNS
31 Me
-
8135
-131,00
WEAT
31 Me
-
6645
-8,00
WMAZ
31 Me
-
3868,2
-34,80
YMAZ
31 Me
-
3822
-31,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
19 Me
-
172,55
7,70
Ave Wool - RWS
19 Me
-
189,51
9,36
Beeste A2/3
19 Me
-
53,82
53,82
Beeste AB2/3
19 Me
-
52,28
0,49
Beeste B2/3
19 Me
-
48,03
-0,79
Beeste C2/3
19 Me
-
45,86
0,34
Bevrore Hoender
19 Me
-
34,01
-1,54
Bokkies (onder 30 kg)
19 Me
-
52,68
-2,51
Bokooie
19 Me
-
40,2
1,49
Groot (meer as 40 kg)
19 Me
-
45,36
4,57
Hoender (IQF)
19 Me
-
33,04
-0,30
Medium (30-40kg)
19 Me
-
48
-3,26
Pork Average
19 Me
-
29,59
0,13
Poultry Average
19 Me
-
33,71
-0,90
Skaap A2/3
19 Me
-
84,64
0,30
Skaap AB2/3
19 Me
-
76,6
10,52
Skaap B2/3
19 Me
-
58,23
-1,47
Skaap C2/3
19 Me
-
57,02
0,77
Speenkalf
19 Me
-
31,04
1,22
Spekvarke
19 Me
-
30,9
0,85
Stoorlammers
19 Me
-
42,28
0,34
Varkwors
19 Me
-
24,66
0,20
Vars Hoender
19 Me
-
34,07
-0,87
Vleisvarke
19 Me
-
29,47
0,05
Deel

OBP trek sokkies op ná verskaffingskwessies

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Ter illustrasie. Foto: Dr. Jan du Preez
Ter illustrasie. Foto: Dr. Jan du Preez
Die vriesdroogmasjien by Onderstepoort Biological Products (OBP) wat sowat twee jaar gelede onklaar geraak het, gaan teen Junie herstel word. Daarna sal die maatskappy weer “volstoom entstowwe kan produseer”.

Luvuyo Mabombo, waarnemende hoofbestuurder van OBP, het op ’n mediageleentheid by die maatskappy se hoofkantoor gesê kenners vanuit Duitsland sal die aanleg besoek en die masjien herstel.

“Die raad het besluit dat OBP nie meer kan aansukkel met die bestaande kleiner masjien nie. Dus is die oorspronklike vervaardiger genader om die masjien te herstel. Daar is ook nog ’n masjien gekoop wat teen volgende jaar geïnstalleer sal word en OBP se vermoë meer as verdubbel.”

Malombo het gesê OBP se huidige vermoë is rondom 65 000 flessies per produksie (batch), maar dat die nuwe masjien die vermoë tot 120 000 sal verhoog. 

Dr. Jacob Modumo, hoof van verkope, sake-ontwikkeling en bemarking, het erken dat OBP in die verlede benadeel is deur toerusting wat gebreek het, asook deur voorsieningsprobleme, maar meen dat dit iets van die verlede is.

“OBP het intussen hard daaraan gewerk om die situasie te verbeter. Die lang produksietyd van entstowwe, wat soms drie tot vier maande kan duur vanweë die verskillende produksieprosesse wat gevolg moet word, speel ook ’n rol. Daar is ook ’n probleem tussen die produksie van entstowwe en die afsetpunte, wat nou aandag kry.”

Malombo het gesê OBP ontwikkel ’n stelsel waarvolgens kliënte ’n toepassing kan aflaai om produkbeskikbaarheid te sien en om produkte te bestel. “Ons sien veral ’n gaping in die landelike gebiede – juis waar die nood die hoogste is. Hopelik sal die nuwe stelsel hierdie gaping kan vul.”

Modumo het gesê OBP is nou weer voluit besig om entstowwe te produseer. “Ons sal na verwagting van nou af elke week entstof vir Afrika-perdesiekte versprei. Die entstof sal van Junie ononderbroke beskikbaar wees.”

Modumo het gesê die entstowwe wat tans vervaardig word, onderskeidelik vir drie-dae-stywesiekte (B-Phemeral), brucellose (Brucella S19 en Brucella Rev.1), ensoötiese aborsie (Chlamysure), bloutong, slenkdalkoors (lewend én geïnaktiveerd) en vir knopvelsiekte, sal vanaf Junie beskikbaar gestel word.

“Die res van ons produkte is reeds beskikbaar en daar sal dus betyds genoeg entstof wees vir die komende somerreënseisoen,” het hy gesê.

Modumo het dit benadruk dat OBP nog nooit ’n tekort aan slenkdalkoors-entstof gehad het nie, vanweë die ernstige aard van die siekte. 

Hy het gesê die maatskappy het ook heelwat nuwe produkte wat deur die registrasieproses moet gaan, maar wat in die volgende twee tot drie jaar beskikbaar gestel gaan word. “OBP se belangrikste klem is die gesondheid van die nasionale kudde. Ons het van die uitvoer van sommige van ons entstowwe beëindig om te verseker dat die nasionale veekudde beskerm word.” Hy het gesê OBP voer sowat 12 van sy portefeulje van 49 produkte uit. “Uitvoer bedra dus 25% van ons verkope. Ons voorrangsaak bly die plaaslike mark,” het hy gesê.

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Landbou Veilings

Landbou Veilings bied 'n geleentheid aan boere én veilingskliënte om veilings te bemark en te soek na inligting oor omliggende veilings.

Lees hier
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
19.72
-0.2%
Rand - Pond
24.54
-0.4%
Rand - Euro
21.08
+0.2%
Rand - Aus dollar
12.82
+0.0%
Rand - Jen
0.14
-0.5%
Platinum
996.14
-1.7%
Palladium
1,366.08
-2.8%
Goud
1,962.88
+0.2%
Silwer
23.52
+1.4%
Brent-ruolie
73.54
-4.8%
Top-40
69,998
-1.3%
Alle aandele
75,068
-1.2%
Hulpbronne 10
67,512
+0.7%
Industriële 25
102,774
-2.9%
Finansiële 15
14,415
+0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Anti-gold digger !!!!
Rustig, ROOK nie, drink met geleentyd, en GEEN JOLLER. Werk vir myself(koop motors). Hou van Reis. Lyk en voel nie 51 nie, en nog baie aktief !!!
Kom ons skryf ons eie Roman
Ek is sag geaard baie liefde vol Goeie hart Hou nie van baklei nie Hou van tyd weg van huis af Hou van uit eet en lekker dans My familie en Kinders is my lewe
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot