
Diereprodukte vir menslike gebruik word wyd naas die gebruik van fosielbrandstowwe beskou as van die grootste sondaars vir die mens se ongunstige impak op die omgewing en klimaat. Navorsing wat in 2018 gepubliseer is, het onder meer aangedui dat die beste manier waardeur mense hul impak op die omgewing kan verminder is deur beesvleis en melk uit hul dieet te sn
’n Groep wetenskaplikes het egter vanuit ’n dieetkundige oogpunt na die omgewingspoor van verskillende proteïene gekyk en gevind dat produkte soos melk en beesvleis veel beter vaar vergeleke met proteïen van plante.
“Die studie benadruk waarom dit nodig is dat sowel dieet- en voedingskundige wetenskappe en omgewingswetenskappe in ag geneem moet word om die impak van voedselproduksie op menslike en omgewingsgesondheid ten volle te verstaan,” sê dr. Graham McAuliffe, ’n lewensiklus-asseseringspesialis van Rothamsted Research en hoofskrywer van die studie.
In die studie het die navorsers van Rothamsted Research die verteerbare onmisbare aminosuurkomplekstelling (DIAAS) van proteïen gemeet en dit gebruik om ’n aangepaste omgewingspoormatriks vir ’n verskeidenheid voedselsoorte te meet.
Volgens die metode is verskeie produkte van diere soos beesvleis en melk se omgewingsimpak bykans gehalveer, terwyl die impakte wat gepaard gaan met brood van koring byvoorbeeld met amper 60% toeneem.
Dit is omdat die gemiddelde mens baie meer van kossoorte met ’n lae DIAAS-telling moet inneem om dieselfde voordele van die proteïen daarin te kry vergeleke met produkte wat ’n hoë telling het. Daar moet dus meer van die produkte met ’n lae telling geproduseer word sodat die nodige vereiste inname daarvan ingeneem kan word, wat die omgewingsimpak wat daarmee saamgaan verhoog.
Komplekse voedingstof
Proteïen is ’n baie komplekse voedingstof, saamgestel uit aminosure, waarvan nege noodsaaklik is en nie deur die mens self produseer word nie. Daarom moet dit as voedsel ingeneem word. Die verteerbaarheid van verskillende aminosure binne die menslike verteringstelsel is daarmee saam baie veranderlik, en daarom sal die hoeveelheid proteïen wat ’n voedselproduk bevat, nie noodwendig die gehalte daarvan weerspieël nie. Sekere voedselsoorte, veral plantgebaseerde produkte, bevat ook sekere faktore wat voedingstofopname onderdruk of beperk.
Die navorsers het vir hul studie die DIAAS-teling vir vier produkte afkomstig van diere, naamlik beesvleis, kaas, eiers en varkvleis, bereken, asook vir vier produkte afkomstig van plante, naamlik neute, ertjies, tofoe en koring.
Tellings
Die tellings vir die diereprodukte was almal ver bo 100%, terwyl slegs tofoe ’n teling van meer as 100% gekry het, met die res wat onder 100% gemeet het, en koring wat slegs 43% kon behaal.
“Eenvoudige vergelykings gegrond op voedingstofinhoud pleks van gehalte van voedselitems se volhoubaarheid is nie voldoende om beleidmakers en belanghebbendes van deursigtige en nuttige inligting te voorsien oor hoe om hul omgewingsimpakte oor landbouvoedselvoorsieningskettings te verminder nie,” het gesê McAuliffe.
“Ons meen as voedselwetenskap gebruik gaan word vir die meet van die omgewingspoor, moet dit gedoen word volgens die beste praktyke van dieetkunde en gesondheidswetenskappe.”
Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.