AFGRI
BEAN
28 Jun
-
9652
181,00
CORN
28 Jun
-
4744,6
72,60
SOYA
28 Jun
-
8890
98,00
SUNS
28 Jun
-
10395
245,00
WEAT
28 Jun
-
7438
92,00
WMAZ
28 Jun
-
4357,4
-22,60
YMAZ
28 Jun
-
4370
-19,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Jun
-
164,91
0,00
Ave Wool - RWS
10 Jun
-
180,07
0,00
Beeste A2/3
17 Jun
-
60,81
0,68
Beeste AB2/3
17 Jun
-
57,66
-0,12
Beeste B2/3
17 Jun
-
53,3
0,03
Beeste C2/3
17 Jun
-
46,86
-0,48
Bevrore Hoender
17 Jun
-
31,45
0,54
Bokkies (onder 30 kg)
17 Jun
-
62,89
-5,12
Bokooie
17 Jun
-
49,59
-12,82
Groot (meer as 40 kg)
17 Jun
-
39,71
-6,55
Hoender (IQF)
17 Jun
-
30,12
0,45
Medium (30-40kg)
17 Jun
-
57,81
0,73
Pork Average
17 Jun
-
27,18
0,03
Poultry Average
17 Jun
-
31,15
0,47
Skaap A2/3
17 Jun
-
103,83
-1,38
Skaap AB2/3
17 Jun
-
83,52
-3,96
Skaap B2/3
17 Jun
-
78,12
-3,21
Skaap C2/3
17 Jun
-
74,62
-2,28
Speenkalf
17 Jun
-
36,4
0,23
Spekvarke
17 Jun
-
28
-0,11
Stoorlammers
17 Jun
-
52,94
-0,58
Varkwors
17 Jun
-
22,43
0,09
Vars Hoender
17 Jun
-
31,88
0,43
Vleisvarke
17 Jun
-
27,15
0,08

Oorplaatjie met sonpaneel 'n deurbraak teen veediefstal

akkreditasie
Só lyk die oorplaatjie wat met ’n sonpaneeltjie toegerus is om die ingeboude battery lewenslank te laai. Foto: Ceres Tag
Só lyk die oorplaatjie wat met ’n sonpaneeltjie toegerus is om die ingeboude battery lewenslank te laai. Foto: Ceres Tag
’n Nuwe oorplaatjie vir vee met sy eie sonpaneel om ’n battery te laai waarsku die boer as ’n bees sy plaasgrense verlaat. Dit word as ’n tegnologiese deurbraak teen veediefstal beskou.

Die veebedryf bespiegel al lank daaroor. Die plaatjie is tans in ’n finale toetsstadium in Australië en behoort eersdaags bekend gestel te word – ook in Suid-Afrika waar boere jaarliks méér as R1 miljard se skade weens veediefstal ly.

Me. Izaan du Plooy, tegniese raadgewer van die Lewendehawe-registrerende Federasie (LRF) en verbonde aan Breedplan en HerdMaster, sê mnr. David Smith van Ceres Tag, die maatskappy wat die oorplaatjie ontwikkel het, gaan sélf die komende Aldam-veeskool van 16-18 Oktober in Suid-Afrika bywoon om dit vir die veeboere te wys. Dit sluit aan by die Veeskool se tema, naamlik nuwe tegnologie vir presisieveeboerdery.

Die Veeskool word vir die elfde jaar deur die LRF, Breedplan en Landbouweekblad aangebied. Die oorplaatjie is met die geldelike ondersteuning van Meat and Livestock Australia (MLA) ontwikkel. Dié organisasie word gefinansier deur ’n statutêre heffing van sowat R200 per bees per jaar waardeur dié land jaarliks ongeveer R2,6 miljard insamel om navorsing te doen en tegnologie te ontwikkel. Ander projekte sluit ’n outomatiese weegstelsel en die gebruik van hommeltuie vir algemene veebestuur in.

Du Plooy sê die nuwe oorplaatjie behoort bekostigbaar vir Suid-Afrikaanse boere te wees. Die klein sonpaneel is kragtig genoeg om die oorplaatjie se battery te laai sodat die boer nooit die battery hoef te vervang nie. Dit kommunikeer heeltyd met behulp van satelliettegnologie (GPS) met die boer se slimfoon, tablet of rekenaar en kan vir beeste, skape, bokke en varke gebruik word.

Dit moniteer ook die diere se beweging en waarsku die boer sodra ’n dier die plaas se grense verlaat, soos wanneer dit gesteel word of oor die draad spring. Dit staan die boer ook by met algemene bestuur deurdat hy agterkom wanneer ’n dier nie beweeg nie, soos wanneer hy siek is, en om sy vee se wei- en bewegingspatroon in ’n kamp vas te lê.

Geen bykomende infrastruktuur is nodig nie, aangesien dit deur satelliete werk. Ceres Tag integreer dit met bestaande sagte- wareprogramme. Omdat dit deur satelliete kommunikeer, is daar geen beperking op afstand nie en kan boere selfs hul vee vanuit die buiteland dophou. Nog inligting sal by die Veeskool bekend gemaak word.

Dit kos R9 149,81 om die Veeskool by te woon. Dit sluit ál drie dae se lesings, ’n bundel met voorleggings, verblyf, etes, ’n galadinee en ’n plaas- of voerkraalbesoek in. Daar is net plek vir 200 mense.

Navrae: Me. Charmaine Alberts, 051 821 1783; e-pos: palberts@telkomsa.net

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.03
-1.1%
Rand - Pond
19.56
-0.5%
Rand - Euro
16.87
-0.5%
Rand - Aus dollar
11.11
-1.2%
Rand - Jen
0.12
-0.6%
Goud
1,825.22
+0.1%
Silwer
21.12
-0.2%
Palladium
1,882.00
+0.5%
Platinum
923.50
+1.3%
Brent-ruolie
115.09
+1.7%
Top-40
61,958
+0.7%
Alle aandele
68,227
+0.6%
Hulpbronne 10
66,338
+1.3%
Industriële 25
80,701
+0.6%
Finansiële 15
15,396
-0.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Canada farmer
Beste place to be is on the farm Enjoy outdoor Enjoy water sports I'm trying to be good to all people Everyone deserve the best
Opsoek na advontuur
Vriendelik, spontaan en opsoek na 'n nuwe advontuur. Ek is lief vir perdry, dans en sing. Ma van twee tieners, selfstandig en net opsoek na iemant om advonture mee te deel.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot