AFGRI
BEAN
08 Des
-
9403
0,00
CORN
08 Des
-
4398,6
21,60
SOYA
08 Des
-
10558,8
58,80
SUNS
08 Des
-
10459,8
39,80
WEAT
08 Des
-
6700
37,00
WMAZ
08 Des
-
4815
2,00
YMAZ
08 Des
-
4420
35,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Perde: APS-protokolle ‘ ’n totale gemors’

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Alani Janeke
Foto: Alani Janeke
Die perdebedryf in Suid-Afrika word erg benadeel deur die tekorte aan en agterstande met die voorsiening van entstof teen Afrika-perdesiekte (APS).

Die beweging van perde word aan bande gelê, en dit kos telers baie geld om diere wat byvoorbeeld aan skoue deelgeneem het, daarna in kwarantyn te hou. Groot kommer bestaan oor die situasie.

Landbouweekblad het met belanghebbendes in die bedryf gesels, en almal is dit eens dat dit ’n reusedeurmekaarspul en rompslomp is.

Me. Koekie de Villiers, eienaar van Sudcor Saalperd-stoetery by Pearston en voorsitter van die Oos-Kaapse Saalperd-subunie, asook ondervoorsitter van die Saalperd-telersvereniging van Suid-Afrika, sê sy is bitter bekommerd oor die situasie. Veral perdetelers in die Wes-Kaap ly baie daaronder omdat alle perde ten duurste ingeënt moet wees om na ander dele van Suid-Afrika te gaan vir byvoorbeeld skoue.

“Só het dit van die telers wat aan die pas afgelope Bloemskou deelgeneem het, tot R30 000 gekos om hul diere daarna vir drie weke in kwarantyn te hou voor hulle terug plaas toe kon gaan. Wie kan dit bekostig?

“Daar is soveel reëls en protokolle wat geld, maar Onderstepoort (Biologiese Produkte) kan nie die entstof betyds beskikbaar stel nie. Wat help dit? Perde moet nóú ingespuit word. Dit gaan nie help om die entstof eers teen Oktober beskikbaar te hê nie. As sulke reëls en protokolle afgedwing word, maar die entstof is nie betyds beskikbaar nie, wat moet telers doen?

“Ek is veral bekommerd dat al hoe meer Wes-Kaapse telers hul perde buite die provinsie gaan begin aanhou en afrig. Dit kan die bedryf in die provinsie erg benadeel.

“As Suid-Afrikaanse telers entstof teen APS uit ander lande kon inbring, sou dit baie gehelp het, maar dit is skynbaar onwettig.”

Verder mag slegs veeartse perde inspuit, wat telers baie geld kos.

“Plase is dikwels in distrikte ver van veeartse af geleë, en dit kos boere reusebedrae net om hul perde deur veeartse ingespuit te kry.” 

‘Totale gemors’

Mnr. Willie Brown, eienaar van die Elkeasan Arabierperd-stoetery by die Paarl, meen onomwonde die hele perdesiektesituasie is ’n totale gemors – ’n reusedeurmekaarspul. Geen perde mag uit die Wes-Kaap of na ander sones van Suid-Afrika geneem word sonder permitte en volledige papierwerk nie.

“Tog het die Europese Unie sy vereistes só verslap dat dit nie eens nodig is dat ’n perd teen APS ingeënt moet wees om uitgevoer te word nie, maar binne Suid-Afrika is soveel protokolle en regulasies van toepassing om diere te vervoer.”

Lande soos Israel en ’n paar ander het al so ver gegaan dat hulle glad nie perde aanvaar wat wel ingeënt is nie, sê Brown. Dit is onaanvaarbaar dat sulke protokolle geld, maar Onderstepoort Biologiese Produkte kan nie entstof betyds voorsien nie, meen hy. 

Saalperde

Me. Johanna du Toit van die Saalperd-telersvereniging van Suid-Afrika sê veral die saalperdbedryf in die Wes-Kaap word erg benadeel.

“Die plattelandse landbouskoue in die Wes-Kaap word kleiner omdat dit moeilik is om met perde uit APS-vrye gebiede hier te kom skou. 

Sy noem ook die voorbeeld van die nasionale Saalperd-kampioenskapskou in Bloemfontein toe baie telers in die Wes-Kaap hul diere eers in kwarantyn moes plaas voor hulle kon terugkeer huis toe.

Groot koste moes byvoorbeeld aangegaan word om die Riversdal-skouterrein, wat in die beheergebied val, te huur en gereed te kry. ’n Kwarantynmeester en veeartse moes aangewys en ’n laboratorium ingerig word om toe te sien dat die volle prosedures gevolg word vir die 142 perde wat in kwarantyn moes bly.

“Enige hulp om hierdie krisis op te los of om dit vir perdetelers en -liefhebbers in die Wes-Kaap makliker te maak, sal waardeer word,” meen sy.

Lees hier wat die OBP die week oor entstowwe aangekondig het. 

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.14
+0.1%
Rand - Pond
20.91
+0.2%
Rand - Euro
18.03
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.56
-0.2%
Rand - Jen
0.13
+0.2%
Goud
1,785.11
-0.0%
Silwer
22.73
+0.1%
Palladium
1,857.50
+0.2%
Platinum
1,005.00
-0.2%
Brent-ruolie
77.17
-2.8%
Top-40
68,026
+0.2%
Alle aandele
74,190
+0.2%
Hulpbronne 10
73,127
-0.1%
Industriële 25
91,505
+0.8%
Finansiële 15
15,537
-0.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
lewensmaat
Eks eerlik opreg weet wat ek wil he in die lewe hardwerkend en sal n goeie vriend wees. Eks rustig netjies en sal my vriendin op die hande dra. Hou niks van argumente nie wil...
Son en see mens.
Eks stil en op my plek. Praat met diere darem nog nie met my self nie. Hou van berg klim en fiets ry. Visvang en rugby glad nie my ding nie.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot