
Sowat 49% van Zambeef, ’n beesvleisproduksiegroep, se aandeel in Zam Chick Beperk is deur Suid-Afrika se Rainbow Chicken Beperk gekoop. Luidens ’n verklaring bestuur Zambeef tans Zam Chick se braaikuiken sake-eenheid, wat die braaikuiken aanlegte, hoenderslagplaas en verwerkingsaanleg insluit.
Luidens ’n berig op Moneyweb.com is die koopprys vir die aandele $14,25 miljoen. Zambeef word beskryf as een van Zambië se grootste rolspelers in dié Afrikaland se landboubedryf. Die maatskappy het ook belange in Ghana en Nigerië.
Samewerking
Die transaksie word beskryf as ’n opwindende stap wat Zambeef en Rainbow Chicken in staat stel om die pluimveebedryf in Zambië na nuwe hoogtes te neem. Die twee maatskappye sal elk twee direkteure mag aanstel in die raad van Zam Chick. Die daaglikse bedrywighede sal steeds deur Zambeef gehanteer word. Rainbow Chicken sal die onderneming met onder meer tegniese ondersteuning bedien.
Die transaksie is nog onderhewig aan goedkeuring deur die Zambiese Mededingingsowerhede en die Suid-Afrikaanse Reserwebank.
Bron: Moneyweb