AFGRI
BEAN
01 Jul
-
8800
-80,00
CORN
01 Jul
-
4172
-95,00
SOYA
01 Jul
-
8560
-26,00
SUNS
01 Jul
-
10740
-57,00
WEAT
01 Jul
-
7464
-1,00
WMAZ
01 Jul
-
4454
-4,00
YMAZ
01 Jul
-
4396
-12,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Jun
-
164,91
0,00
Ave Wool - RWS
10 Jun
-
180,07
0,00
Beeste A2/3
17 Jun
-
60,81
0,68
Beeste AB2/3
17 Jun
-
57,66
-0,12
Beeste B2/3
17 Jun
-
53,3
0,03
Beeste C2/3
17 Jun
-
46,86
-0,48
Bevrore Hoender
17 Jun
-
31,45
0,54
Bokkies (onder 30 kg)
17 Jun
-
62,89
-5,12
Bokooie
17 Jun
-
49,59
-12,82
Groot (meer as 40 kg)
17 Jun
-
39,71
-6,55
Hoender (IQF)
17 Jun
-
30,12
0,45
Medium (30-40kg)
17 Jun
-
57,81
0,73
Pork Average
17 Jun
-
27,18
0,03
Poultry Average
17 Jun
-
31,15
0,47
Skaap A2/3
17 Jun
-
103,83
-1,38
Skaap AB2/3
17 Jun
-
83,52
-3,96
Skaap B2/3
17 Jun
-
78,12
-3,21
Skaap C2/3
17 Jun
-
74,62
-2,28
Speenkalf
17 Jun
-
36,4
0,23
Spekvarke
17 Jun
-
28
-0,11
Stoorlammers
17 Jun
-
52,94
-0,58
Varkwors
17 Jun
-
22,43
0,09
Vars Hoender
17 Jun
-
31,88
0,43
Vleisvarke
17 Jun
-
27,15
0,08

Private sektor sal moet help met dieregesondheid

akkreditasie
Pogings om ’n volhoubare naspeurbaarheidsprogram in Suid-Afrika van stapel te stuur, sal waarskynlik deur die private sektor gefinansier moet word.

Dr. Pieter Vervoort, voorsitter van die nasionale dieregesondheidsforum, sê die besluit is onlangs met die departement van landbou, landelike ontwikkeling en grondhervorming bespreek op ’n vergadering van belanghebbendes in die dieregesondheidsbedryf. 

“Ons is reeds vier jaar lank hard aan die werk om die program van die grond af te kry. Hoewel die departement sê hy is bereid om geld beskikbaar te stel, raak die tyd nou min. Dit word die verantwoordelikheid van elkeen wat ’n aandeel in die Suid-Afrikaanse rooivleisbedryf het, om maniere te vind om die program ’n werklikheid te maak.”

Vervoort sê ’n bestuursplan sal opgestel word om onder meer die finansiering en bestuur van die naspeurbaarheidsprogram te bepaal.

Bek-en-klouseer

Intussen is die bek-en-klouseer-situasie steeds ’n doring in die bedryf se vlees.

“Daar moet nog serologiese toetse uitgevoer word om aan die wêreldorganisasie vir dieregesondheid (OIE) te stuur voordat hy Suid-Afrika weer as bek-en-klouseer-vry sal sertifiseer. Hierdie toetse word egter nie deur die departement van landbou uitgevoer nie, maar is ’n verantwoordelikheid van die provinsiale owerheid. Die owerheid is egter nog nie in die posisie om die toetse uit te voer nie,” sê Vervoort.

Intussen gaan die nasionale opkomende rooivleisprodusente-organisasie (Nerpo) voort met ’n studie om die haalbaarheid daarvan te bepaal om diere binne die rooi gebied te kan verhandel.

Grensbeheer moet versterk word

Die risiko wat ooskuskoors vir Suid-Afrikaanse beesprodusente inhou, het ook aandag geniet en het daartoe gelei dat die departement van landbou, landelike ontwikkeling en grondhervorming onderneem het om die grens tussen Suid-Afrika en Zimbabwe te versterk. 

“Dit is ’n dringende kwessie wat aandag moet kry. Die bruinoorbosluis, wat ooskuskoors oordra, is deesdae veel verder versprei oor die land, as wat die geval was toe ons 65 jaar gelede die siekte uitgeroei is. 

“As ooskuskoors weer die land binnekom, gaan ons groot moeilikheid hê. Daarom is dit so belangrik dat daar onmiddellik aandag geskenk word aan die verstewiging van die grens tussen die twee lande.”

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe. Volg ons op WhatsApp om daaglikse landbounuus op jou selfoon te ontvang.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.45
-1.0%
Rand - Pond
19.76
+0.3%
Rand - Euro
17.15
-0.5%
Rand - Aus dollar
11.15
+0.7%
Rand - Jen
0.12
-1.4%
Goud
1,787.64
-1.1%
Silwer
19.45
-4.0%
Palladium
1,915.60
-1.3%
Platinum
870.73
-3.0%
Brent-ruolie
109.03
-3.1%
Top-40
60,098
-0.0%
Alle aandele
66,130
-0.1%
Hulpbronne 10
62,337
-2.2%
Industriële 25
80,256
+1.1%
Finansiële 15
14,732
+0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Love the outdoors and riding my bike
I am a Funny, outgoing, fun loving, honest, loyal person Like camping, fishing, hunting and the open road on my bike
Old Fashioned Values - No Players Please
I'm fun, intelligent and have a great sense of humour. I am honest and very up front and have no secrets. Kind hearted and love family, music and the outdoors. I love...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot