AFGRI
BEAN
24 Mrt
-
9660
0,00
CORN
24 Mrt
-
4531
0,00
SOYA
24 Mrt
-
8206
0,00
SUNS
24 Mrt
-
9348
0,00
WEAT
24 Mrt
-
6461
0,00
WMAZ
24 Mrt
-
3893
0,00
YMAZ
24 Mrt
-
3996
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Red OBP, vra dieregesondheidskenners in ope brief

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Ter illustrasie. Foto: Amelia Genis
Ter illustrasie. Foto: Amelia Genis
Suid-Afrikaanse dieregesondheidskenners eis in die openbaar dringende regeringsoptrede om óf Onderstepoort Biologiese Produkte se entstofproduksie behoorlik te hervat óf om hierdie produksie aan private maatskappye oor te gee.

Vooraanstaande Suid-Afrikaanse veeartse en ander dieregesondheidskenners het hul name bygevoeg tot ’n gesamentlike ope brief wat talle vorige oproepe herhaal dat die diere-entstofvervaardigingvermoë van die veel besproke Onderstepoort Biologiese Produkte (OBP) dringend gered moet word.

Die brief konsentreer op ’n lang reeks kwessies by die OBP wat die gesondheidstatus van Suid-Afrikaanse vee- en pluimveeproduksie in gevaar stel. Klik hier om die brief te lees.

Die opstellers van die brief skryf baie van die entstowwe wat die OBP vervaardig, is nêrens anders beskikbaar nie. Dit is onder meer entstowwe vir Afrika-perdesiekte, slenkdalkoors, bloutongsiekte, hartwater, anaplasmose, rooiwater en knopvelsiekte.

“As jy die afgelope paar jaar entstof nodig gehad het, sou jy ’n rukkie wag, maar kon ’n mate van aflewering verwag. Nou lyk dit of selfs vertraagde aflewerings tot stilstand gekom het. Die nuus versprei dat die OBP as ’n entstofmaatskappy in werklikheid ontbind is.”

Van die omvattende kwessies by die OBP wat in die brief geopper word, sluit in dat R500 miljoen wat die parlement in 2014 bewillig het vir die bou van ’n nuwe entstofaanleg wat ten volle aan regulasies sou voldoen, steeds nie vir die oorspronklik beoogde doel gebruik word nie; dat ’n veldtog deur sommige voormalige en huidige OBP-raadslede wat deur die minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling aangestel en deur OBP-personeellede en van hul vakbonde ondersteun word, daartoe gelei het dat dr. Baptiste Dungu, ’n toepaslik bekwame en toegewyde uitvoerende hoof van die OBP "summier geskors is"; en forensiese ondersoeke teen sommige voormalige raadslede en personeel wat van misdrywe by die OBP verdink word, “laat vaar” is.

Die briefskrywers skryf omdat die OBP se produksie van diere-entstowwe wat oënskynlik tot stilstand gekom het, kan die goeie somerreën wat onlangs oor ’n groot deel van Suid-Afrika geval en gevolglik gunstige toestande geskep het vir vektore wat dieresiektes kan versprei, kan 2022 ’n somber jaar vir Suid-Afrika se veeproduksiesektore wees.

“Die OBP benodig dringend behoorlike professionele bestuur om sy mandaat na te kom. Aanspreeklikheid moet afgedwing word. Die OBP het deursigtigheid nodig in die ondersoek na beweerde misdadige bedrywighede en onbevoegdheid. Die entstofstamme wat deur Onderstepoort Veterinêre Navorsingsinstituut met belastingbetalersgeld ontwikkel is, moet aan private maatskappye beskikbaar gestel word as die OBP nie die beskikbaarheid van entstowwe in die volgende drie maande kan waarborg nie. Dit is noodsaaklik vir die handhawing van vee- en dieregesondheid in Suid-Afrika en buurlande,” eis die briefskrywers.

Dr. Peter Oberem, een van die veeartse wat aan die brief geskryf het, sê Dungu se appèl teen sy skorsing is dus van die hand gewys. Dungu beoog egter nou om die saak na die kommissie vir versoening, bemiddeling en arbitrasie te neem.

Die brief se ander skrywers sluit dr. Pieter Vervoort, private veeartsenykundige konsultant en voormalige OBP-raadslid; dr. Leon de Bruyn, president van die Suid-Afrikaanse Veeartsenykundige Vereniging; mnr. James Faber, nasionale voorsitter van die Rooivleisprodusente-organisasie; dr. Alan Guthrie, direkteur van die perdenavorsingsentrum; dr. George de Kock, voorsitter van die internasionale wolhandel biosekuriteitswerkgroep en die Cape Wools-navorsingsadvieskomitee; dr. Alf Lategan, voorsitter van die Herkouerveterinêre Vereniging van Suid-Afrika (Ruvasa), dr. Faffa Malan, besturende direkteur van Ruvasa; mnr. Tshililo Ramabulana, voormalige voorsitter van die OBP-direksie; mnr. Christo van der Rheede, uitvoerende direkteur van Agri SA; prof. Ed Rybicki, direkteur van die Biofarmaboerdery-navorsingseenheid aan die Universiteit van Kaapstad (UK); prof. Anna-Lise Williamson, lid van die instituut vir aansteeklike siektes en molekulêre geneeskunde aan die UK; en mnr. Billy van Zyl, voorsitter van die Nasionale Wolkwekersvereniging.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.17
-0.5%
Rand - Pond
22.22
-0.0%
Rand - Euro
19.59
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.09
+0.0%
Rand - Jen
0.14
-0.0%
Platinum
976.84
0.0%
Palladium
1,415.66
0.0%
Goud
1,978.67
0.0%
Silwer
23.23
0.0%
Brent-ruolie
74.99
-1.2%
Top-40
69,181
-1.3%
Alle aandele
74,695
-1.2%
Hulpbronne 10
64,294
-1.4%
Industriële 25
101,619
-1.0%
Finansiële 15
15,178
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Leweslustig ,Geniet die lewe
Lewenslustig. Hou van 4×4. Asook kamp. Dans graag. Baie vriendelik en spontaan. Diere tans friesperde asook miniatuurperde en 3 yorkies. Braai graag asook fliek en vertonings...
Fantastiese kok wil jou lewe bietjie geur
Free spiritual open minded romanticse liefde volle dame, wat soveel liefde het om te gee, het nie tyd vir games en man's wat nie weet wat hul wil he nie, soek n soul mate xxx
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot