AFGRI
BEAN
17 Aug
-
8938
0,00
CORN
17 Aug
-
4038
0,00
SOYA
17 Aug
-
8745
0,00
SUNS
17 Aug
-
10638
0,00
WEAT
17 Aug
-
7064
0,00
WMAZ
17 Aug
-
4261
0,00
YMAZ
17 Aug
-
4222
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Jun
-
164,91
0,00
Ave Wool - RWS
10 Jun
-
180,07
0,00
Beeste A2/3
05 Aug
-
59,93
-0,33
Beeste AB2/3
05 Aug
-
58,21
0,44
Beeste B2/3
05 Aug
-
54,93
-0,26
Beeste C2/3
06 Aug
-
48,03
-0,31
Bevrore Hoender
05 Aug
-
30,82
0,06
Bokkies (onder 30 kg)
05 Aug
-
72,23
-9,16
Bokooie
05 Aug
-
49,53
-11,74
Groot (meer as 40 kg)
05 Aug
-
43,62
0,97
Hoender (IQF)
05 Aug
-
30,05
0,21
Medium (30-40kg)
05 Aug
-
56,68
-4,81
Pork Average
05 Aug
-
25,32
-0,66
Poultry Average
05 Aug
-
30,8
0,10
Skaap A2/3
05 Aug
-
100,5
-0,06
Skaap AB2/3
05 Aug
-
87,24
1,74
Skaap B2/3
05 Aug
-
81,95
0,36
Skaap C2/3
05 Aug
-
78,01
0,45
Speenkalf
05 Aug
-
36,96
0,46
Spekvarke
05 Aug
-
27,25
-0,23
Stoorlammers
05 Aug
-
47,91
0,66
Varkwors
05 Aug
-
21,7
0,04
Vars Hoender
05 Aug
-
31,55
0,05
Vleisvarke
05 Aug
-
25,18
-0,61

Roofdierbeheer: ’n Opdraande pad lê voor

akkreditasie
Foto: Fredalette Uys
Foto: Fredalette Uys
Die oplossing vir Suid-Afrika se probleme met roofdiere is nie eenvoudig nie.

Die oplossing lê in ’n kombinasie van metodes waar boere voortdurend een tree voor roofdiere bly.

Dít was die roofdierkenner mnr. Niel Viljoen se boodskap aan boere op die Nasionale Wolkwekersvereniging (NWKV) se 90ste jaarlikse kongres in Port Elizabeth.

“Daar is nie ’n kitsoplossing vir probleme met roofdiere nie, nie in Suid-Afrika of die res van die wêreld nie. En daar sal nooit een wees nie.”

Volgens Viljoen sal die bekamping van roofdiere in die toekoms van kommersiële boerderye vereis om verantwoordelike grondeienaars te wees wat verantwoordelike bekampingsmaatreëls toepas met die vermoë om te kan reageer voor die roofdiere by nuwe metodes kan aanpas.

Viljoen sê daar is ’n gereedskapkis van bekampingsmetodes – dodelik en nie-dodelik – wat op die plaas gebruik kan word. Boere moet ’n kombinasie bekampingsmetodes aanwend. Hulle moet die verskillende opsies ondersoek, verstaan en gebruik, en nie by een metode vashaak.

Hy sê hy is nie gekant teen enige bekampingsmetodes nie, maar het in die afgelope 11 jaar ondervind dat afsondering van vee in samehang met byvoorbeeld jakkalswerende draad en/of roep-en-skiet die beste bekampingsmaatreëls is.

Hy sê dat die topografie van elke plaas die bekampingsmaatreëls bepaal. Die boer moet hom daarby aanpas en vir hom die beste bekampingsmetodes kies wat pas by sy spesifieke omstandighede.

“Dit vereis goeie beplanning, opgevolg deur goeie bestuur en ’n proaktiewe denkwyse wat deurlopend aangepas moet word om risikobestuur te vermy. 

Groter prentjie

“Ons moet ons aandag verskuif van die roofdier na roofdierbestuur en na die groter prentjie kyk. Deur aanhoudend op die roofdier te konsentreer gaan vir jou jaar ná jaar dieselfde uitslag gee,” was Viljoen se waarskuwing aan boere.

“Die metodes wat jou pa en oupa aangewend het, gaan nie vandag meer help nie. Tye het verander. Die jakkalse het aangepas en het slimmer geraak.”

Hy sê dit is kommerwekkend dat 60% tot 70% van Suid-Afrikaanse boere vashaak by enkele, ou beheermetodes. 

Gekombineerde aksieplan

Om probleme met roofdiere in die toekoms aan te pak is opleiding en samewerking, asook gesubsidieerde projekte soos die NWKV se heiningprojek en die regte bestuur van geld nodig, sê hy.

Volgens Viljoen is ’n gesonde biodiversiteit op die plaas die beginpunt waarby roofdierebestuur aangepak moet word.

“Jy is eerstens verantwoordelik vir en tweedens afhanklik van jou plaas se biodiversiteit. ’n Gesonde biodiversiteit beteken ’n gesonder plaas.”

Boere moet ook die biologie van die roofdier ken en verstaan en aanvaar dat die roofdier deel is van die natuur.

“Ek sê gereeld op boeredae vir boere hulle boer met die Merino, Dohne-Merino, Dorper, Angora, Angus, Brahman én, baie belangrik, ook die rooijakkels en rooikat. Of jy dit wil weet of nie, hulle is altyd daar op die plaas.” 

Opdraande pad vorentoe

Viljoen waarsku dat die pad vorentoe vir roofdierbestuur eerder moeiliker as makliker gaan raak.

“Die nuwe neiging is dat roofdiere besig is om meer te word. Een van die redes is die verskuiwing van grond na opkomende boere, myne en staatsgrond, kommunale areas wat nie goed bestuur word nie, en parke en reservate se omheinings wat daagliks agteruitgaan. Daarby skakel kleinveeboere oor na beesboerdery en wild, “en as dié verskuiwings plaasvind gaan die bestuur van roofdiere by die agterdeur uit.” 

Afgelope 11 jaar

Viljoen is reeds 11 jaar besig met navorsing op verskeie moniteringsplase reg oor Suid-Afrika. Hy het opleiding aan 10 200 boere tydens 244 kursuse verskaf. Die doel van die opleiding was om kennis te versprei, boere by te staan, te ondersteun en om boere aan die gereedskapskis van bekampingsmetodes bekend te stel.

In die jongste nuusbrief van predasiebestuursforum (PMF) is aangekondig dat die finansiering van die predasiebestuurinligtingsentrum stopgesit gaan word, omdat daar ’n breër visie is waardeur beter waarde vir geld toegevoeg kan word vir oplossings op die plaas.

Die PMF sal voortaan ook as ’n regspersoon met die naam Predasiebestuur Suid-Afrika geregistreer word. ’n Nuwe bestuurder sal aangestel word en die klem sal wees op toekomstige opleiding, kommunikasie en die regstelling van die norme en standaarde, asook wetgewing. 

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe. Volg ons op WhatsApp om daaglikse landbounuus op jou selfoon te ontvang.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.66
-1.6%
Rand - Pond
20.08
-1.2%
Rand - Euro
16.96
-1.7%
Rand - Aus dollar
11.55
-0.3%
Rand - Jen
0.12
-1.0%
Goud
1,763.50
-0.7%
Silwer
19.81
-1.6%
Palladium
2,144.66
-0.7%
Platinum
928.75
-1.0%
Brent-ruolie
92.34
-3.0%
Top-40
64,168
-0.9%
Alle aandele
70,967
-0.8%
Hulpbronne 10
63,227
-3.4%
Industriële 25
87,430
+0.4%
Finansiële 15
16,160
-0.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Die lewe geniet
Waardeur opregtheid en eerlikheid. Hou van fietsry, stap, natuur, kamp. Geniet netjiese tuin. Ek hou van mense wat intelegent gesels wat oop is vir redenasies, wat nie in...
Looking for my soulmate
I am a divorced lady, i am still looking for the one. I am a mommy of two furbabies, they are my life, they are my kids. I am very family orientated. I am not interested in...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot