AFGRI
BEAN
10 Aug
-
9003
0,00
CORN
10 Aug
-
3985
0,00
SOYA
10 Aug
-
8727
0,00
SUNS
10 Aug
-
10323
0,00
WEAT
10 Aug
-
7058
0,00
WMAZ
10 Aug
-
4178
0,00
YMAZ
10 Aug
-
4167
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Jun
-
164,91
0,00
Ave Wool - RWS
10 Jun
-
180,07
0,00
Beeste A2/3
29 Jul
-
60,38
0,45
Beeste AB2/3
29 Jul
-
58,48
0,27
Beeste B2/3
29 Jul
-
54,96
0,03
Beeste C2/3
29 Jul
-
47,7
-0,33
Bevrore Hoender
29 Jul
-
30,92
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
29 Jul
-
73,56
1,33
Bokooie
29 Jul
-
52,68
3,15
Groot (meer as 40 kg)
29 Jul
-
43,74
0,12
Hoender (IQF)
29 Jul
-
29,99
-0,06
Medium (30-40kg)
29 Jul
-
58,6
1,92
Pork Average
29 Jul
-
25,84
0,52
Poultry Average
29 Jul
-
30,84
0,04
Skaap A2/3
29 Jul
-
103,69
3,19
Skaap AB2/3
29 Jul
-
87,73
0,49
Skaap B2/3
29 Jul
-
80,62
-1,33
Skaap C2/3
29 Jul
-
77,93
-0,08
Speenkalf
29 Jul
-
37,01
0,05
Spekvarke
29 Jul
-
27,46
0,21
Stoorlammers
29 Jul
-
48,06
0,15
Varkwors
29 Jul
-
21,63
-0,07
Vars Hoender
29 Jul
-
31,63
0,08
Vleisvarke
29 Jul
-
25,68
0,50

RPO staan verbod op rou-beeshuiduitvoere teen

akkreditasie
Beesvelle word voorberei in 'n leerlooiery. Foto: Chris Jooste
Beesvelle word voorberei in 'n leerlooiery. Foto: Chris Jooste
Die verlies van Suid-Afrika se status as ’n bek-en-klouseervrye sone is ’n ernstige kwessie, het mnr. Louis Wessels, voorsitter van die Wes-Kaapse Rooivleisprodusente-organisasie (RPO), op dié organisasie se jaarvergadering op Laingsburg gesê.

“Dit het die meeste uitvoer van rooivleis, huide en velle, wol en bokhaar, asook die uitvoer van genetiese materiaal oornag tot ’n einde gebring.”

Verlede jaar al het die RPO gevra dat die staat se verpligtinge oor bek-en-klouseerbekamping regstegnies uitgespel moet word, “omdat die RPO toe al bekommerd was daaroor”.

“Dit is duidelik dat die rooivleisbedryf in die toekoms dieregesondheid saam met die staat sal moet hanteer omdat die staat bloot net nie meer die kapasiteit het nie. Ons hoop dat die geaffekteerde sone binnekort as vry van bek-en-klouseer verklaar sal word, wat die eerste stap sal wees om Suid-Afrika se bek-en-klouseervrye status terug te kry.”

Verlede jaar en vanjaar sal onthou vir die “perfekte storm” wat prysimpak betref. “Weens die land se lae groeikoers en stygende brandstofpryse, belasting en energiekoste en die verhoging van BTW tot 15% is verbruikers se koopkrag onder druk. Dit, en onverantwoordelike uitlatings deur politieke leiers, die droogte, en die staking van uitvoer weens bek-en-klouseer het veroorsaak dat produsentepryse verlaag het.” 

Huidpryse

Hy het gesê internasionale huidpryse het vanjaar heelwat gedaal en die departement van handel en nywerheid is besig om steun te werf vir ’n algehele verbod op die uitvoer van rou beeshuide. “ ’n Heffing van 20% sal van toepassing wees op die uitvoer van halfverwerkte velle in die eerste jaar en 40% vanaf die tweede jaar. Die RPO meen dat dit produsente gaan benadeel en alles moontlik word gedoen om dit te vermy.”

Wat brucellose betref, het die nasionale dieregesondheidforum ’n voorstel oor die regering se brucellose-beleidstuk voorgelê en voorstelle word nou oorweeg, het Wessels gesê. ’n Groot veldtog is begin om produsente bewus te maak daarvan dat dit belangrik is om beeste op die regte tydstip teen brucellose in te ent.

Hy het gesê dat die voortsetting van die voorgestelde statutêre heffing vir die bedryf vir twee jaar tot 4 November 2020 goedgekeur is. “Die RPO se strategieplanne wys uit dat die statutêre heffing uitgebrei sal moet word. Daar is ’n groter behoefte aan geld vir produksie-ontwikkeling, verbruikersopvoeding, navorsing en ontwikkeling, asook skakeling as waarvoor nou voorsiening gemaak word.”

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.59
-0.0%
Rand - Pond
20.05
-0.1%
Rand - Euro
16.95
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.55
+0.0%
Rand - Jen
0.12
-0.1%
Goud
1,789.89
-0.3%
Silwer
20.39
-0.7%
Palladium
2,206.50
-0.7%
Platinum
930.00
-0.8%
Brent-ruolie
96.31
-0.4%
Top-40
63,771
0.0%
Alle aandele
70,266
0.0%
Hulpbronne 10
65,045
0.0%
Industriële 25
85,829
0.0%
Finansiële 15
15,741
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Die lewe geniet
Wil die lewe geniet sonder drama met baie pret. Waardeur opregtheid en eerlikheid. Hou van fietsry, stap, natuur. Geniet netjiese tuin.
NOU OF NOOIT
Klein. maar n groot hart vir die regte man daar iewers Moenie kanse vat ek is slimmer as wat jy dink
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot