
’n Gerigstreerde swart Angus-bul van mnr. Klasie Loubser van Holvlei, Vredenburg, het pas uit sonnige Suid-Afrika na die heelwat koeler Suid-Atlantiese eiland Tristan da Cunha “geëmigreer”.
Dit is waarskynlik die eerste Angus-bul van Suid-Afrika wat dié drastiese stap gedoen het.
Die bul Holvlei Voyager is 22 maande oud en het op 26 Maart vanjaar op dié eiland aan wal gegaan.
Hy is in ’n spesiaal vervaardigde krat aan boord van die Edinburgh, ’n visfabriekboot, in die Kaapse hawe gelaai. Ander voorraad het onder meer ook ’n aantal hondjies ingesluit.
Volgens ’n regeringsverteenwoordiger pas Voyager goed aan en is almal op die eiland baie in hul skik met die bul.
Lees meer in Landbouweekblad se uitgawe van 10 Mei 2013.