Die nuwe entstoffabriek wat in Pretoria gebou word, sal waarskynlik genoeg ent- stowwe kan vervaardig om al die ekonomies belangrike bees- en skaapsiektes in Suid-Afrika doeltreffend te bekamp en voortdurende tekorte te beëindig.
Design Biologix BK wag net vir toestemming van die staat om met die vervaardiging van die sleutelentstowwe, soos teen slenkdalkoors, bloutong, perdesiekte en beesbrucellose, in sy huidige fabriek te begin.
Sodra die maatskappy eersdaags sy nuwe kompleks in die ooste van Pretoria betrek, sal hy die vervaardiging van entstowwe tienvoudig tot 400 miljoen dosisse per jaar kan verhoog.