
Mayenseke Shweni, die verdedigende kampioen in handskeer, kon sy titel in die afdeling vir alle nasies – wat die wêreldeindronde voorafgaan – suksesvol verdedig, maar moes die knie buig in die stryd om die wêreldkroon.
Die Nieu-Seelander Allan Oldfield, wat derde ná Shweni en sy landgenoot Bonile Rabela in die afdeling vir alle nasies was, het in die eindronde die bordjies verhang en is as die nuwe wêreldkampioen in handskeer aangewys. Hy is gevolg deur die twee Suid-Afrikaners. Shweni en Rabela het ook die tweede plek vir spanne verower ná die Nieu-Seelanders Tony Dobbs en Oldfield.
Benewens die handskeerders Shweni en Rabela is Suid-Afrika ook verteenwoordig deur die wolhanteerders Franciska Flynn (40ste plek), Jan du Toit (33ste plek) en die masjienskeerders Shaun Hamlett (35ste plek) en Guillaume Strydom (19de plek). Hamlett en Strydom was 15de in die afdeling vir masjienskeerspanne.
Die finale uitslae in die wêreldkampioenskap is:
Masjienskeer
Individuele eindronde (20 skape): 1. Richard Jones (Wallis); 2. Rowland Smith (Nieu-Seeland); 3. Cam Ferguson (Nieu-Seeland); 4. Ivan Scott (Ierland); 5. Calum Shaw (Skotland); 6. Jack Robinson (Noord-Ierland).
Eindronde vir spanne (20 skape): 1. Skotland (Gavin Mutch/Calum Shaw); 2. Wallis (Alun Lloyd Jones/Richard Jones); 3. Nieu-Seeland (Cam Ferguson/Rowland Smith); 4. Engeland (Adam Berry/Stuart Connor); 5. Noord-Ierland (Jack Robinson/Ivan Scott); 6. Frankryk (Loic Leygonie/Thimoleon Resneau).
Handskeer
Individuele eindronde (6 skape): 1. Allan Oldfield (Nieu-Seeland); 2. Mayenzeke Shweni (Suid-Afrika); 3. Bonile Rabela (Suid-Afrika); 4. Tony Dobbs (Nieu-Seeland); 5. Johnathon Dalla (Australië); 6. Andrew Mudge (Engeland).
Eindronde vir spanne (6 skape): 1. Nieu-Seeland (Tony Dobbs/Allan Oldfield); 2. Suid-Afrika (Bonile Rabela/Mayenseke Shweni); 3. Engelande (Andrew Mudge/George Mudge); 4. Australië (Johnathon Dalla/Ken French); 5. Ierland (Peter Heraty/Martin Hopkins); 6. Skotland (Mark Armstrong/Brian Perks).
Wolhantering
Individuele eindronde: 1. Aled Jones (Wallis); 2. Rosie Keenan (Skotland); 3. Pagan Karauria (Nieu-Seeland); 4. Sheree Alabaster (Nieu-Seeland).
Eindronde vir spanne: 1. Nieu-Seeland (Sheree Alabaster/Pagan Karauria); 2. Skotland (Rosie Keenan/Audrey Lamb); 3. Frankryk (Lucie Grancher/Adele Lemercier).
Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe. Volg ons op WhatsApp om daaglikse landbounuus op jou selfoon te ontvang.