AFGRI
BEAN
07 Jun
-
8455
-64,00
CORN
07 Jun
-
4630
8,00
SOYA
07 Jun
-
7664
-72,00
SUNS
07 Jun
-
8360
-58,00
WEAT
07 Jun
-
6599,8
-26,20
WMAZ
07 Jun
-
3868
-41,00
YMAZ
07 Jun
-
3798
-46,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
26 Me
-
172,55
5,11
Ave Wool - RWS
26 Me
-
189,51
7,15
Beeste A2/3
26 Me
-
53,82
0,82
Beeste AB2/3
26 Me
-
52,28
0,50
Beeste B2/3
26 Me
-
48,03
-0,68
Beeste C2/3
26 Me
-
45,86
0,77
Bevrore Hoender
26 Me
-
34,01
-1,25
Bokkies (onder 30 kg)
26 Me
-
55,19
1,47
Bokooie
26 Me
-
38,71
-2,84
Groot (meer as 40 kg)
26 Me
-
40,79
-0,03
Hoender (IQF)
26 Me
-
33,04
-0,01
Medium (30-40kg)
26 Me
-
51,26
2,05
Pork Average
26 Me
-
29,59
0,40
Poultry Average
26 Me
-
33,71
-0,64
Skaap A2/3
26 Me
-
84,64
-3,90
Skaap AB2/3
26 Me
-
76,6
7,69
Skaap B2/3
26 Me
-
58,23
-2,52
Skaap C2/3
26 Me
-
57,02
-0,39
Speenkalf
26 Me
-
31,04
0,93
Spekvarke
26 Me
-
30,9
0,87
Stoorlammers
26 Me
-
42,28
0,90
Varkwors
26 Me
-
24,66
-0,30
Vars Hoender
26 Me
-
34,07
-0,69
Vleisvarke
26 Me
-
29,47
0,36
Deel

Santa Gertrudis bereik mylpaal

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Santa Gertrudis-beeste van me. Amy Williams, ’n stoetboer van Barberton. Foto: Brand Republic
Santa Gertrudis-beeste van me. Amy Williams, ’n stoetboer van Barberton. Foto: Brand Republic
Die eerste Suid-Afrikaanse genomiese teelwaardes vir die Santa Gertrudis-beesras is op 16 Maart 2023 beskikbaar gestel.

"Dit is slegs die sewende vleisbeesras op die Afrika-vasteland wat die voordeel het om hierdie tegnologie deel te kan maak van meer ingeligte telingsbesluite,” sê SA Stamboek en die Santa Gertrudis-beestelersgenootskap van Suid-Afrika in ’n gesamentlike verklaring.

Dié stap volg nadat die telersgenootskap aan die einde van 2022 besluit het om weer lid te word van SA Stamboek en die dienste te benut wat deur Logix, Stamboek se diere-aantekeningstelsel, gebied word. “Dit beteken ’n Santa Gertrudis-teler kry nou voortaan, met elke maandelikse genetiese evaluasie, wat genomiese inligting insluit, ’n volledige elektroniese verslag wat die volledige status van sy kudde aandui en waar hy hom kan meet aan die res van die ras,” sê dr. Japie van der Westhuizen, hoofbestuurder van SA Stamboek.

Stamboek se veekundige genetici het ook eiesoortige en pasgemaakte seleksiewaardes ontwikkel wat dit makliker maak vir telers om meer geskikte vervangingsdiere te kan selekteer en aan te bied vir kommersiële bulkopers. Telers kan ook self foto’s van hul diere direk op Stamboek se Logix-databasis laai. Hierdie foto’s verskyn nie net op die dierinligting-verslae nie, maar ook outomaties op www.SABeefBulls.com, die omvattende genetiese inligtingstelsel, en op die veilingskatalogus.

“Vir die eerste keer in die bestaan van www.SABeefBulls.com is die Santa Gertrudis-data dus ook nou beskikbaar op die gewilde webblad,” sê Van der Westhuizen.

Voorloper vergemaklik ander se taak

Die Santa Gertrudis-ras is eintlik die voorloper om die pad vir ander rasse makliker te maak om in te skakel by Stamboek se stelsel. Dit is omdat daar baanbrekerswerk gedoen is om die die dataformate om te skakel sodat dit versoenbaar is met Stamboek se stelsel en die datagehaltebeheer aan te pas by die vangnette van Stamboek se stelsel. “Hierdie belangrike mylpaal is bereik deur die harde werk en noue samewerking tussen die kantoorpersoneel en raadslede van die Santa Gertrudis-beestelersgenootskap van Suid-Afrika, en die personeel van SA Stamboek se rekenaar-, wetenskaplike en data-afdelings,” sê Van der Westhuizen.

Santa Gertrudis-telers neem die behoorlike evaluasie en aantekening van hul beeste ernstig op, luidens die verklaring. “Deelname aan groeitoetse en veral toetse waar die inname van individuele diere gemeet word, asook die meting van karkaskenmerke deur ultrasoniese metings, vorm deel van die strategie.”

Hierdie inligting word gebruik om die seleksiewaardes, met die samewerking van Stamboek, verder uit te brei om die genetiese meriete van teeldiere vir groeidoeltreffendheid en karkaswaarde akkurater te bepaal.

Stamboek verteenwoordig 65 melk- en vleisbeesrasse, kleinveerasse, varke, perde en honde.

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Landbou Veilings

Landbou Veilings bied 'n geleentheid aan boere én veilingskliënte om veilings te bemark en te soek na inligting oor omliggende veilings.

Lees hier
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
19.17
+0.2%
Rand - Pond
23.81
+0.2%
Rand - Euro
20.48
+0.3%
Rand - Aus dollar
12.80
+0.1%
Rand - Jen
0.14
+0.1%
Platinum
1,038.12
+1.2%
Palladium
1,413.68
+0.4%
Goud
1,959.50
-0.2%
Silwer
23.47
-0.6%
Brent-ruolie
76.29
-0.6%
Top-40
71,589
-0.1%
Alle aandele
76,803
-0.1%
Hulpbronne 10
69,815
+0.4%
Industriële 25
103,687
-0.2%
Finansiële 15
15,117
-0.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Enkel en alleen,soek n geskikte pasmaat
Ek is n hardwerkende, opregte en Godsdienstige persoon. Wil graag n opregte en eerlike dame ontmoet wat in my belangstellings deel en die lewe meer interresant maak.
Wil net gelukkig wees en altyd lag
Ek hou van mense en lekker kuier. Daar is min dinge in die lewe waarvan ek nie hou nie maar geen kaansvatters nie. Eks n plain jane. Geniet die lewe en kan lekker lag. Eks...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot